kategorieë: Dynamic Content

Five Roses reëls en voorwaardes

1. Die Five Roses Wen 1 van 2 Yuppiechef-geskenkbewyse aanlyn-kompetisie (“Kompetisie”) word georganiseer en uitgevoer deur Entyce Beverages, ’n afdeling van National Brands Limited, ’n filiaal van AVI Limited, insluitend hul sustermaatskappye, vennote, assosiasies en agente.
2. Die kompetisie is geldig vanaf 1 Oktober tot middernag 6 November 2015. Inskrywings wat ná middernag op die laaste dag ontvang word, sal ongeldig wees en nie in ag geneem word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wie mag inskryf?
3. Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees (wettige ouers/oppassers word verplig om minderjariges by te staan), ’n geldige identiteitsdokument of paspoort besit en in Suid-Afrika woon.
4. Slegs Suid-Afrikaners mag aan die kompetisie deelneem. Dit sluit uit: direkteure, lede, vennote, werknemers, agente, konsultante of enige ander persoon wat direk of indirek in beheer is van, of beheer word, deur die promotor of advertensie- en skakelagentskappe wat by die kompetisie betrokke is. Gades, lewensmaats, sakevennote of direkte familielede is ook uitgesluit.
5. Deelnemers moet hul eie inskrywings inhandig en mag nie deur middel van ’n derde party gedoen word nie.
6. Deelnemers aan die kompetisie aanvaar die kompetisiereëls en onderneem om by die reëls te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe om in te skryf?
7. Kompetisie-inskrywings sal deur rooi rose, Vrouekeur, Food and Home Entertaining en woman&home-aanlyntydskrifte plaasvind.
8. Om in te skryf, vul jou besonderhede op die inskrywingsvorm in.
9. Inskrywings is beperk tot slegs een inskrywing per deelnemer. Indien meer as een inskrywing per deelnemer ontvang word, sal slegs die eerste inskrywing aanvaar word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Pryse
10. Jy kan inskryf en een van twee Yuppiechef-geskenkbewyse ter waarde van R1 500 (een duisend vyf honderd rand), elk per tydskrif wen.
11. Pryse mag nie omgeruil of vir kontant geruil word nie en is nie oordraagbaar nie.
12. Die Promotor behou hom die reg voor om die pryse met ’n alternatiewe prys van dieselfde of groter waarde te vervang indien die pryse wat geadverteer is, nie beskikbaar is nie as gevolg van onvoorsiene omstandighede.
13. Die wenner sal gebind wees aan die Yuppiechef-geskenkbewyse se reëls en voorwaardes.
14. Die Promotor sal nie verantwoordelik gehou word vir enige verlore of gesteelde geskenkbewyse nadat die prys afgelewer is nie.

Beslissing van wenners

15. Die wenner sal deur ’n ewekansige trekkingsproses gekies word. Die trekking sal plaasvind binne 10 (tien) dae na die kompetisie gesluit het, of so gou moontlik daarna.
16. Die wenners sal binne 2 (twee) werksdae na die trekkingsproses telefonies of per e-pos gekontak word op die nommer of e-posadres wat op die inskrywingsvorm aangebring is.
17. Daar sal van die wenners verwag word om hul volle naam en identiteitsnommer te verskaf soos versoek deur die Wet op Verbruikersbeskerming.
18. Indien die wenner nie binne 2 (twee) werksdae nadat die Promotor hom of haar gekontak het, reageer nie, sal die onopgeëiste prys nie aangestuur word nie. Die Promotor behou hom die reg voor om alle onopgeëiste pryse te herversprei.
19. Die Promotor behou hom die reg voor om, in sy uitsluitlike diskresie, ’n ander wenner te kies indien hy glo die aanvanklike wenner kan nie in aanmerking kom om te wen nie; wat die reëls en voorwaardes oortree het; wat bedrieglik teenoor die kompetisie opgetree het; wat opgetree het in ’n manier wat nie aanvaarbaar is vir die kompetisie nie; wie se gedrag die toonbeeld is van bedrog of ontduiking van die reëls van die kompetisie; wat bedrieglik opgetree het in verband met die kompetisie; indien dit onwettig sou wees om die prys aan die wenner oor te dra; of as die wenner na 2 (twee) probeerslae van die Promotor nie beskikbaar is nie en nie die prys opgeëis het nie; of indien die wenner misluk het om die Promotor met die nodige inligting, wat versoek was, te voorsien. In hierdie geval sal die wenner gediskwalifiseer word en die prys verbeur. Die Promotor se besluit is finaal en geen onderhandeling sal aanvaar word nie.
20. Wenners sal gekontak word om die aflewering van die prys te reël en sal verwag word om bewys van ontvangs te aanvaar, indien van toepassing.

Publisiteit en privaatheid
21. Deur in te skryf, aanvaar die Deelnemer dat persoonlike inligting van die Deelnemer met die Promotor en sy agente gedeel sal word, tot die mate wat nodig is om die kompetisie uit te voer en die pryse aan die wenners af te lewer.
22. Die wenners is geregtig daarop om toestemming af te staan vir die gebruik van hul naam of foto in promosiemateriaal, of om aan enige promosie-aktiwiteit deel te neem. Die deelnemers mag op die inskrywingsvorm kies of hulle in die toekoms promosiemateriaal van die Promotor of sy agente wil ontvang. Indien die wenner mondelings instem tot die ontvangs van promosiemateriaal, mag die Promotor die wenner se naam en foto’s publiseer, insluitend maar nie beperk nie, tot die Promotor se Facebookblad of webtuiste, indien van toepassing, sonder enige verantwoordelikheid van die Promotor, of vergoeding teenoor die wenners.
23. Alle persoonlike inligting van die deelnemers sal gebruik word uitsluitlik in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse wetgewing vir beskerming van verbruikers en data.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Algemeen
? Neem asseblief kennis dat die volgende terme vereis dat jy risiko neem, die aanspreeklikheid van die Promotor beperk en die Promotor vrywaar. Lees dit asseblief versigtig deur en kontak die Promotor indien jy enige navrae het!
24. Die Promotor behou hom die reg voor om die kompetisie onmiddellik en sonder enige kennisgewing te beëindig vir enige rede buite sy beheer. In die geval van beëindiging stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle mag hê in terme van die promosie, en hulle erken dat hulle geen verhaalsreg teen die Promotor, sy agente en personeel sal hê nie. Die kompetisie, pryse, en reëls en voorwaardes kan deur die Promotor gewysig word op enige tyd gedurende die kompetisie, binne die Promotor se uitsluitlike diskresie. In so ’n geval doen alle deelnemers afstand aan enige regte wat hulle mag hê of voorgee om te hê in terme van hierdie kompetisie, en alle deelnemers sien af aan enige regte wat hulle moontlik kan hê in terme van die kompetisie, en erken dat hulle geen regres teen die Promotor sal hê nie.
25. Alle publisiteit- en ander materiaal sal die uitsluitlike eiendom van die Promotor wees.
26. Die Promotor is nie verantwoordelik nie vir –
26.1 inskrywings wat weggesteek, verlore, laat, onleesbaar/deurmekaar, beskadig, verkeerd beskryf, gebrekkig, onklaar, onbereikbaar, onvolledig of vertraag is, is ongeldig en sal nie as ’n inskrywing aanvaar word nie;
26.2 enige inskrywing wat nie afgelewer of ontvang is nie, of wat vertraag of beskadig is as gevolg van tegniese redes of versuim vanaf jou diensverskaffer. Bewys van stuur is nie bewys van ontvangs nie. Deelnemers is verantwoordelik vir hul eie koste van aanlynverbinding.
27. Tot die volste omvang toegelaat deur die wet, en deur deel te neem, stem die deelnemer in om die Promotor te vrywaar, asook sy vennote, sustermaatskappye, direkteure, agente, verteenwoordigers, aandeelhouers, werknemers, opvolgers en regverkrygendes, asook alle eise of aanspreeklikheid wat voortspruit uit deelname aan die kompetisie, enige kompetisie-verwante aktiwiteit en/of aanvaarding, ontvangs, besit of gebruik/misbruik van enige prys.
28. Tot die mate toegelaat deur die wet, sal die Promotor nie op enige wyse aanspreeklik gehou word vir enige eise wat voortspruit uit verlies, skade of koste van die deelnemer in verhouding tot die kompetisie of die pryse wat aangebied word nie, insluitend maar nie beperk nie tot eise met betrekking tot defekte in pryse of enige verliese wat veroorsaak word deur sodanige defekte of verliese wat voortspruit uit verkeerde of onvolledige inligting wat deur deelnemers verskaf word nie.
29. Die Promotor sal nie verantwoordelik gehou word vir enige verlies as ’n resultaat van onvolledige of foutiewe inligting nie.
30. Die Suid-Afrikaanse wetgewing sal die kompetisie reëls en voorwaardes regeer en die howe in Suid-Afrika sal uitsluitlike jurisdiksie hê.
31. Vir meer inligting, kontak die verbruikerslyn op 0860 100 219 (kantoorure 8.00vm tot 4.30nm,weeksdae).

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.