kategorieë: Reis

Reis in legendariese musiekspore

Trafalgar het “Reliving the Classics”-toere ontwerp wat besoekers die kans gee om grotes soos die Beatles se wêreld te beleef. Hule kry ook die kans om met ‘n local specialist te gesels – ‘n familielid, vriend of plaaslike inwoner met spesiale bande met die musikante.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Johnny Cash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die tiendag-toer Tastes & Sounds of the South sluit onder meer ‘n private optrede deur John Carter Cash, die seun van Johnny Cash en June Carter, in. John vermaak besoekers met sy eie oorspronklike musiek sowel as ‘n paar nommertjies wat beroemd gemaak is deur sy familie. Tydens ‘n meet and greet kan gaste vrae oor John se pa vra. Daarna besoek hulle die RCA se Studio B – een van die suksesvolste opnamestudios ooit, waar musikante soos Elvis Presley opgeneem is.

Die toer kos vanaf R35 500 per persoon wat deel, en vertrektye is van April tot November 2016.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

The Beatles

Trafalgar se elfdagtoer Best of Britain stel besoekers bekend aan Phil, bone fide vriend van die Beatles. Hy vertel stories oor die band en wys jou die Fab Four se gunsteling-uithangplekke, ook die café where Paul McCartney en John Lennon as jong mans gekuier het. Jy besoek onder meer Strawberry Field waar jy sal leer hoekom dit die liedjie Strawberry Fields Forever geïnspireer het.

Vanaf R34 600 per persoon wat deel, en vertrektye vanaf April tot Oktober 2016.

Phil van Liverpool

Janis Joplin, Jimi Hendrix & The Grateful Dead

Die agdae-lange toer San Francisco & Wine Country Delights stel gaste bekend aan Stan, wat jou in die voetspore van Janis Joplin, Jimi Hendrix en The Grateful Dead sal lei om meer te wete te kom van die impak van alternatiewe rock-kultuur op San Francisco, en natuurlik op die wêreld! Hoor eerstehands van die plaaslike flower power-beweging in Haight-Ashbury, bekend as die sentrum van die Hippie-rewolusie en Summer of Love.

Vanaf R32 300 per persoon wat deel, en vertrektye vanaf Mei tot Oktober 2016.

Haight Ashbury, San Francisco

Sound of Music

Trafalgar se tiendag-toer Sound of Music gee jou ‘n kykie in Oostenryk en Duitsland se musiekgeskiedenis. Jy spandeer onder meer twee nagte in Salzburg om die wortels van die musical Sound of Music te ontdek. Jy bring ook ‘n privaatbesoek aan die Kunstkammer in Wene en besoek Oberammergau waar die passiespele elke tien jaar opgevoer word.

Laat ons foto heel bo jou lus maak!

Vanaf R27 100 per persoon wat deel, en vertrektye van April tot Oktober 2016.

Meer inligting by www.trafalgar.com of 011280 8440.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.