kategorieë: Ons menseBekendes

Riaan Benade span kragte saam Amerikaanse country-sensasie in nuwe liedjie

In ‘n geskiedkundige oomblik vir Suid-Afrikaanse musiek het die plaaslike sensasie Riaan Benade en die bekroonde country-kunstenaar Ian Munsick pas die baanbrekende Spotify-enkelsnit, “I’m On Fire”, vrygestel. Hierdie samewerking is ‘n belangrike mylpaal omdat dit die eerste Spotify-enkelsnit ooit is waarby ‘n Suid-Afrikaanse kunstenaar betrokke is en wys die krag van musiek om internasionale grense te oorbrug.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die vrystelling is deel van ‘n ambisieuse internasionale veldtog gelei deur Spotify Africa in samewerking met Coleske Group in Suid-Afrika en Warner Music Nashville.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die kunstenaars het gekies om hul eie weergawe van die ikoniese Bruce Springsteen-liedjie ‘I’m on fire’ te skep. Die samesmelting van Ian Munsick se gladde vokale en Riaan Benade se rasperstem sorg vir ‘n vars, boeiende klank.

Die samewerking stel ook die moontlikhede van tegnologie ten toon; Riaan het sy dele in Pretoria opgeneem het, terwyl Ian uit Nashville in die VSA bygedra het.

Riaan Benade (Foto: Hendri Viljoen)
Ian Munsick (Foto: C. Douglas)

“I’m On Fire” is meer as ‘n liedjie; dit is ‘n simbool van eenheid, en die onbeperkte moontlikhede van musiek. Riaan Benade en Ian Munsick nooi musiekentoesiaste om saam met hulle op hierdie geskiedkundige reis te kom.

Riaan Benade spreek sy dankbaarheid uit en sê: “Ian en ek is albei mal oor Bruce Springsteen se musiek. Ons het dadelik gehou van die idee om ‘n country-styl weergawe van die liedjie te maak, en ons hoop dat Bruce die cover hoor en hou van wat ons gedoen het. Ons is uiters nederig en dankbaar vir Spotify se inisiatief.”

“I’m On Fire” strook met die wêreldwye herlewing van country-musiek, gesien in onlangse top-oorwinnings op die Billboard Hot 100.

Luister hier na  Riaan Benadé and Ian Munsick se weergawe van “I’m on Fire”.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Chris Steyn van ‘Die Kontrak’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

22 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.