'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
MapStudio publiseer sedert 1977 dié dikke, inligtingryke kaartboek van die Kaapse skiereiland, weskus, Swartland, wynland en Overberg. Hier is die opgedateerde uitgawe (sien hooffoto).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die Cape Town Street Guide gee jou ’n gedetailleerde indeks tot:
Straatname, kompleksname, wynlandgoede, en lughawe-kaarte (OR Tambo, Kaapstad Internasionaal en King Shaka Internasionaal).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Daar is omvattende kaarte van:
Atlantis, Bredasdorp, Caledon, Ceres, Darling, Franschhoek, Grabouw, Hermanus, Gordonsbaai, Kleinmond, Langebaan, Malmesbury, Montague, Paarl, Robertson, Saldanha, Somerset-Wes, Stellenbosch, Strand, Swellendam, Tulbagh, Villiersdorp, Wellington, Worcester.
• Die inhoud sluit in:
Gemeenskapsdienste, verkeersdepartemente, howe, polisiestasies, brandweerstasies, biblioteke, munisipale kantore, hospitale en klinieke, skole, poskantore, regeringskantore, teaters, flieks, winkelsentrums, plekke van aanbidding, parkeerareas, museums, kunsgalerye, geskiedkundige monumente, hotelle, begraafplase, konferensiesentrums, karavaanparke, internasionale lughawens, helikopterlandingsplekke, voëlreservate, natuurreservate, akkommodasie, ambassades, konsulate, sportklubs, wynlandgoede, toeriste-inligintingsentrums, petrol- en diensstasies, MyCiti-busstasies, tolplazas, verkeersligte, nasionale paaie, snelweë, hoofpaaie en kleiner paaie, spoorlyne, nasionale roetes, metro-roetes en hoofroetes.
• Uitgewersprys: R185,00 – te kry by goeie boekwinkels en aanlyn by www.mapstudio.co.za
Hier is 22 opwindende 4×4-roetes vir mense wat hul kragvoertuie stof wil laat proe. Mariëlle Renssen het die roetes getoets en geverifieer. Kies, beplan, en ry! Of, as dit nie nou geleë is nie, sit terug en ervaar die roetes deur die oë van die skrywer.
• Die boek bied gedetailleerde kaarte van die roetes, akkommodasie, hulpbronne vir toeriste, ’n fauna en flora-aftiklysie, paklys, geologiese inligting, volkleurfoto’s, beste en slegste ervaring op elke roete, draai-vir-draai beskrywings van die roetes, feite oor elke gebied, GPS-punte en ’n pad-atlasafdeling van Suidelike Afrika.
• Bonus: ’n CD met “GPS tracks” van elke roete, en ’n PDF-beeld van elke roetekaart.
• Die roetes:
Addo NP, Baviaanskloof, Biedouw-vallei, Blyderivierskloof, Kamdeboo 4×4-roete, Kamdeboo NP, Sederberg Sentraal, Mosambiek, Die Hel, Drakensbergpasse, Gannaga, Hluhluwe-iMfolozi NP, iSimangaliso St Lucia, Karoo NP, Kgalagadi Oorgrenspark, Lesotho-Drakensberg, Mac Mac Bos 4×4 Trail, Mapungubwe NP, Marakele NP, Meiringspoort, Mokala NP, Mountain Zebra NP, Namakwa-roete, Namaqua NP, Noordoos-Kaap, Noord-Kruger, Sentraal-Kruger, Noord-Namibië, Ouberg, Richtersveld NP, Sodwana, Suid-Lesotho, Suid-Namibia, Swatberg, Tankwa Karoo NP, Tshugulu 4×4-roete.
• Uitgewersprys: R295,00
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.