kategorieë: Ontspanning

Rocky die wasbeertjie

Dit blyk of daar ’n goeie rede is dat wasbere bekendstaan as ‘backyard bandits’. Hul kenmerkende eienskappe is nou wel die skelm vingertjies en die pikswart pels op hul gesig wat dit laat lyk asof hulle ’n masker dra … maar dit is nie al rede vir die bynaam nie. Hulle is baie goed daarmee om kos te steel en neste te bou!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is veral een wasbeer wat die wêreld se aandag getrek het toe sy nie net die katkos gesteel het nie, maar sommer ook vir nog kom vra het. Rocky is ’n mamma-wasbeertjie wat die katkos van die agterstoep afsteel en sodra sy sien dat die kos te min of sommer heeltemal op is, tel sy ’n klippie op en gaan klop aan die inwoners se glasdeur. Dit is waar haar naam vandaan kom. Die vrou van die huis het eendag, toe Rocky weer vir kos kom vra het, besluit om hierdie rare en oulike tegniek van dié mamma op video vas te vang. Binne ’n paar dae was Rocky ’n internetsensasie en ons kan definitief sien hoekom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek is so lief vir haar, sy is so snaaks. Sy doen dit gereeld en sy is boonop so goed daarin!” sê die vrou wat die video geneem het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So, Rocky, die toekenning vir die mees innoverende wasbeer gaan beslis aan jou!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk net hoe fraai is Rocky

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.