kategorieë: Leef gesondFiksheid

Rol jou skete weg

Wat doen ’n sponsroller?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Verbeter beweeglikheid en soepelheid van die spier en die fascia – die dun lagie om die spiere en ander sagte weefsel.
Verbeter sirkulasie: Die drukking op die weefsel verbeter die beweging van vloeistowwe wat bloedsomloop en die verwydering van melksuur ná oefening op daardie plekke herstel en versnel – selfs ná beserings.
Voorkom beserings. Styfheid in spiere weens oorgebruik, swak postuur of ure voor ’n rekenaar veroorsaak ongebalanseerdhede wat later tot beserings, hoofpyn en algemene pyn kan lei. Die gebruik van ’n sponsroller herstel die wanbalans in die liggaam wat jou spiere weer optimaal laat werk.
Verlig “knope”: Knope (tight spots) in jou spiere en veral nek kan ongemaklik wees. Die roller plaas drukking op die spiere en ontspan die knoop.
Verbeter littekenweefsel: Littekenweefsel ná ’n besering kan spierweefsel styf maak. Die roller help om spiere te verleng.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir wie werk dit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Almal kan daarby baat vind. Dis uitstekend vir enigiemand wat sport beoefen – of jy rekords opstel, net met die hond gaan stap, of sommer net om jou spiere ontspanne te kry as jy ’n kantoorwerker is.

Hoe maak jy?

Dis belangrik om die hele spier te rol, sê Jacqui Young, ’n sportmasseringsterapeut. “Rol in die rigting van die spier. Rol jy byvoorbeeld jou bobeenspier, rol op en af en nie heen en weer dwars oor die spier nie. Stop op die plekke wat gevoelig is en hou die drukking vir ’n paar sekondes daar. Rol jy byvoorbeeld jou kuite, kan jy stop en jou tone wikkel of jou voet in sirkels beweeg wat meebring dat jy die spier op die roller beweeg.

Wanneer rol jy?

Dis goed om dit deel van jou daaglikse roetine te maak. Rol ná oefening wanneer jou spiere opgewarm is om herstel aan te help. As jy reeds ’n bestaande styfheid in ’n spier het, kan jy voor oefening rol. Sommige mense sê hulle slaap heerlik wanneer hulle elke aand voor slapenstyd hul spiere rol.

Hoe lank?

Nie langer as 5 -10 minute vir die hele lyf nie. Begin eers met die groot spiere en hou dit kort tot jy vertroud is met die tegniek en jou liggaam daaraan gewoond is. As jy voel jy moet langer rol, het jy waarskynlik meer gespesialiseerde hulp nodig. Een keer per dag is voldoende.

Ligloop hiervoor

Beserings As jy enige bestaande beserings het (veral rugbese-rings of pyn wat nie ’n gewone styfheid is nie) of iewers inflammasie het, moet jy nie op daardie plekke rol nie. Gaan spreek liewer ’n fisioterapeut vir kundige behandeling, of laat die besering rus. Jy kan wel die ander spiere naby die besering rol om te voorkom dat jy op daardie plekke styfheid of ongebalanseerdhede ontwikkel. As jou dyspier seer is, kan jy jou bobeenspier en kuite rol.

Vermy benerige gedeeltes en gewrigte. Bly weg van die heupe en voor en agter die knie. Jy kan jou skouers tot hoog rol, maar moenie die nek op sy eie rol nie. Ook nie jou hakskeensening nie.

Lees ook: Die top-oefensondes wat jy moet vermy

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

11 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.