Verhit die botter en olie in ’n pan oor matige hitte en braai die hoender daarin tot goudkleurig en gaar. Haal uit.
Braai die ui en knoffel vir 5 min. in dieselfde pan tot goudbruin en sag.
Skep die hoender terug in die pan.
Sous
Smelt die botter in ’n kastrol oor matige hitte. Voeg die meel by en roer tot glad.
Verhit die melk met die knoffel, lourier en tiemie in ’n ander kastrol oor lae hitte tot die melk net begin prut en nie kook nie.
Trek van die hitte af.
Voeg die melk by die meel in die ander kastrol en roer totdat die melk begin kook en verdik.
Gooi die mozzarella by.
Geur met sout, peper en neutmuskaat.
Trek van die hitte af en roer die mascarpone deur.
Pak die lasagne
Smeer ’n ¼ koppie van die sous in ’n vlak 20 cm x 30 cm- oondpan. Bedek met ’n laag lasagnevelle.
Smeer nog ’n ¼ koppie sous oor die lasagne (maak seker jy hou genoeg vir bo-op). Skep die helfte van die hoender daarop. Strooi die helfte van die ricotta- en parmesaankaas oor.
Bedek die lasagne met nog ’n ¼ koppie sous. Skep die oorblywende hoender op, gevolg deur die oorblywende ricotta en parmesaan.
Sit ’n laag lasagne op, gevolg deur die oorblywende sous. Strooi die mozzarellakaas oor.
Bak vir 30-40 min. of tot goudkleurig en gaar.
Verhit intussen die botter in ’n pan oor hoë hitte.
Braai die sampioene vir 5 -7 min. daarin, of tot goudbruin.
Geur met sout en swartpeper.
Skep die sampioene op sodra die lasagne uit die oond kom.