rooi rose gesels met Ludik se Lea Vivier

rooi rose gesels met Ludik se Lea Vivier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vertel ons van jou karakter in Ludik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Louise is nie op haar bek geval nie en sy sal alles in haar vermoë doen om te kry wat sy wil hê – bietjie soos haar pa (vertolk deur Arnold Vosloo). Sy probeer konstant om haar werksvernuf aan haar pa te bewys, maar dring gelyktydig op haar totale onafhanklikheid aan. Die maatskappy, Ludik, is haar hele lewe en alles anders kom tweede, al probeer sy om haar eie plekkie in die son te vind (onafhanklik van haar pa se legacy).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat beteken dit vir jou om deel van die eerste Afrikaanse Netflix-reeks te wees?

2. Dis natuurlik ongelooflik opwindend! Ek maak ’n verskyning in die Amerikaanse reeks Resident Evil (ook op Netflix) as ’n Meksikaanse vrou en praat nét Spaans, so dis heerlik om te weet dat my moedertaal ook lugtyd gaan kry! Die reeks is eintlik 40% Afrikaans en 60% ander Suid-Afrikaanse tale, en dis belangrik dat ons meer soos dít begin stories vertel! Dis is tog ’n meer akkurate uitbeelding van hoe ons as Suid-Afrikaners leef en kommunikeer.

Op watter manier verskil jy van jou karakter?

3. Wel, ék sou sê ek het ’n gesonder verhouding met my pa en het my eie loopbaan onafhanklik van sy praktyk (hy’s ’n advokaat, so dit het van nature gebeur), uitgekerf. Maar ek’s net so loopbaangedrewe soos Louise, en nét so lief vir my sibbe (Louise het net ’n jonger broer, terwyl ek drie sibbe het). Louise is ook baie strenger oor haar voorkoms as ek, juis omdat sy nog steeds haarself aan haar pa en die res van die wêreld probeer bewys.

Is daar enige lewenslesse wat jy by jou karakter kan leer?

4. Haar eerlikheid is vir my baie verfrissend, en iets waarna ek elke dag streef. Dis nie vir my altyd maklik om my sê te sê met absolute oortuiging in konfliksituasies nie.

Julle is so ’n talentvolle groep mense wat deel vorm van Ludik. Hoe was dit om saam met die ander akteurs te werk?

5. Die beste leerskool waarvoor enige akteur kan vra. ’n Mens kan ongelooflik baie leer by mede-akteurs deur hulle net waar te neem.

Wat beteken Vrouedag vir jou?

6. Ek’s trots om mens te wees en vrouwees is iets wat ek nog elke dag ontdek en vir myself herdefinieer.

Ludik word op 26 Augustus gelyktydig in 190 lande vrygestel.

Hooffoto: @headshotscapetown/Lea Vivier Instagram

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

4 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.