kategorieë: FiksheidGesondheid

rooi rose se Damesbergfietsrydag

Ná ’n baie suksesvolle eerste bergfietsdag vir vroue is ons reg vir die tweede een. Kom sluit op 27 November by die PwC Bike Park in Bryanston by ons aan vir ’n dag vol pret en opwinding. Die vaardige instrukteurs van die Bike Park gaan vroue touwys maak en ons almal sal vir seker iets leer. Vroue word in groepe verdeel en daar word voorsiening gemaak vir beginners sowel as die meer gevorderdes. Komaan, met hierdie vaardighede gaan jy enige bergfietsuitstappie soveel meer geniet en dit sal nooit weer nodig wees om voor ’n afdraand of bruggie van jou fiets af te spring nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Wanneer Sondag 27 November, 07:30 – 13:00
• Plek PwC Bike Park. Libertasstraat 1A, Bryanston. Besoek hul facebook-blad: PwC Bike Park (010 591 9273)
• Koste R300. Die prys sluit koffie/tee en muffins in vir ontbyt, energiedrankies deur High5, versnaperinge agterna sowel as ’n geskenksakkie met fietsry-items. Wen ook wonderlike pryse geborg deur Versus, Uvex en Falke.
• Besprekings kyk by caxtonevents.co.za vir meer inligting en hoe om te bespreek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bergfietsdag: 31 Julie 2016

Nadat almal in vier groepe verdeel is, het die instrukteurs oorgeneem. Elke groep het een vaardigheid vir 30 minute gedoen en dan oorgeskuif na die volgende een. Danksy die heerlike High5 Zero-waterstasie kon almal tussen die harde werk vinnig draf om hul bottels vol te maak met hierdie lekker sportdrankie wat al die elektroliete bevat maar geen suiker nie.

Duiselingwekkende afdraende, steil opdraende, smal balke en “berms” was na die oggend vir niemand meer ’n vreemdheid nie. Daar was wel nou en dan benoude oomblikke, maar almal was agterna verras met wat hulle reggekry het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek sou nooit voorheen so iets probeer het nie”, het menige dames agterna met trots vertel.

Hoewel die vaardigheidsvlakke van die vroue uiteenlopend was, het almal iets geleer en hope pret gehad. Ouderdomme het gewissel van 15 tot 60 jaar en die instrukteurs was beïndruk met die vasberadenheid en deursettingsvermoë van dié spannetjie dapper vroue!

Daar was ook ’n kompetisie agterna vir die ryer wat die skerpste draai kon baasraak. Die gelukkige wenner se prys, ter waarde van R2 677,50, was ’n drie maande kontrak by Power Performance Centre waar jy op ’n Watt Bike oefen.

Twee vroue het elkeeen ’n fietsrybril ter waarde van R3 000 van Adidas gewen en een ’n Uvex-fietryhelm ter waarde van R2 000. Elke deelnemer het pragtige Fox-handskoene (R379) en ’n Uvex-fietsrybril (R399) gekry.

Agterna het almal sop, kaas en brood saam met wyne van Glen Carlou geniet.

Kyk hier na foto’s van die dag:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.