kategorieë: TrendsMode

Rooibos Pantone onder tien kleure gekies vir Lente 2024 by NY-modeweek

Deur: Savanna Douglas. Foto’s: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Pantone LLC, die wêreldowerheid oor kleur en verskaffer van professionele kleurstandaarde vir die ontwerpbedrywe, het die Rooibos Pantone® onder 2 390 ander kleure gekies as een van die uitstaande kleure van 2024. ‘n Bykomende vyf nuwe klassieke kleure is ook aangekondig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wêreldbekende kleurspesialis en uitvoerende direkteur van die VSA-gebaseerde Pantone Colour Institute, Leatrice Eiseman, sê die nuwe lentekleurpalet is ‘n harmonieuse mengsel van bekende skakerings wat met ‘n kontemporêre kinkel toegedien is.

“Kleure vir NYFW Lente 2024 stel ‘n nuwe interpretasie van huidige tye bekend as herinneringe aan die verlede en ‘n blik op die toekoms.”

Sy het na die Rooibos Pantone as “herstellend” verwys.

“Net soos mense soms kos gebruik om hulself te laat herleef, kan die lentekleurpalet ewe verfrissend wees. Die gesondheidsvoordele van kruie tee strek byvoorbeeld verder as persoonlike welstand. Dis herstellend in elke sin, verfrissend na smaak, maar ook verfrissend om na te kyk.

“Die Rooibostee Pantone® 18-1355 is volrond, rooi deurspek met ryk, houtagtige note. Die afgeronde skakering het dieselfde effek as die skakering van ‘n rok wat ‘n ruk lank in ‘n sederkis weggebêre was. Modehandelsmerke soos Gucci, Zegna, Josie Natori, Bally, Emilio Pucci en Markarian se Alexandra O’Neill is van die vroeë aannemers van die kleur,” merk Eiseman op.

Marthane Swart, sekretariaat van die SA Rooibosraad (SARC) sê die rooibosbedryf is opgewonde oor die nuus.

“Mode was nog altyd die voorloper in die stel van kleurneigings. Dit was vir ons ‘n groot ding toe die Rooibos Pantone vir die eerste keer bekend gestel is, maar om dit as ‘n kenmerkende kleur vir die volgende lente-/somerseisoen uit te sonder, het ons verwagtinge ver oortref.”

“Ons hoop dat wanneer mense die warm en uitnodigende amberkleur van rooibos dra, dit selfvertroue sal wek, tesame met emosies van warmte, gemak, optimisme, energie en passie.”

Behalwe dat die kleur in nuwe lente-/somermodeversamelings verskyn, sê kenners ons kan verwag dat die kleur ook in industriële ontwerpe gebruik sal word, van motors, elektronika, KI en tegnologie tot interieurs, films en animasie.

Hier is Pantone se NYFW lente/somer 2024 kleurpalet:

Lees ook: Die vleiendste denimromp vir jou figuur

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

1 hour Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

4 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

5 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

21 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

1 day Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.