Rooibostee-en-pomelo-ontbytpons deur Vickie de Beer, bygestaan deur Martjie Malan. Foto: Lindy Kriek
Rooibostee-en-pomelo-ontbytpons
Serves: 2,5 liter
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 500 ml warm rooibostee met 3-4 sakkies gemaak
- • 15 ml (1 e) heuning
- • 750 ml (1 bottel) vonkelwyn (ons het Durbanville Hills Sparkling Sauvignon Blanc gebruik)
- • 500 ml pomelosap
- • ’n handjie vol tiemietakkies
- • 1 pomelo in dun skywe gesny
- • 1 lemoen in dun skywe gesny
- • 1 suurlemoen in dun skywe gesny
- • ’n handvol ys
Instructions
1 Roer die heuning by die tee en laat afkoel.
2 Meng die tee en die res van die bestandele in ’n groot beker.
3 Gooi ’n hand vol ys by. Versier met die sitrusskywe en vars tiemie.
Catherine Schenck