Rooibostee-en-pomelo-ontbytpons deur Vickie de Beer, bygestaan deur Martjie Malan. Foto: Lindy Kriek
Maak 2,5 liter.
Bestanddele
- 500 ml warm rooibostee met 3-4 sakkies gemaak
- 15 ml (1 e) heuning
- 750 ml (1 bottel) vonkelwyn (ons het Durbanville Hills Sparkling Sauvignon Blanc gebruik)
- 500 ml pomelosap
- ’n handjie vol tiemietakkies
- 1 pomelo in dun skywe gesny
- 1 lemoen in dun skywe gesny
- 1 suurlemoen in dun skywe gesny
- ’n handvol ys
Metode
- Roer die heuning by die tee en laat afkoel.
- Meng die tee en die res van die bestandele in ’n groot beker.
- Gooi ’n hand vol ys by. Versier met die sitrusskywe en vars tiemie.
