kategorieë: Bekendes

Ruan Josh & Franja du Plessis sing saam

Franja en Ruan. Soos ander kinders deel hulle hul ouers, Juanita en Doepie, se gene, talent én van.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Met dié verskil: dis Du Plessis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dié broer en suster het binne omtrent ’n jaar behoorlike kepe in die musiekbedryf uitgekerf. Franja se debuutalbum, My verhaal, wat verlede jaar uitgereik is, is met twee Ghoema-toekennings bekroon: beste nuweling én beste vroulike kunstenaar van die jaar. Ruan se album, Eggo, is vroeër vanjaar uitgereik en kry wyd lof van resensente en is gewild op radiostasies landwyd.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ruan, wat ’n B.Com.-graad in bemarkingbestuur aan UNISA verwerf het, bestuur sy ouers se platemaatskappy JRECORDS en WOW-musiekverspreiders.

Franja het musiekteorie en –vervaardiging aan die Berklee Online Music College in Amerika studeer en is betrokke by haar ouers se platemaatskappy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk hier na ons agter die skerms-video tydens Franja en Ruan Josh se fotosessie vir rooi rose:

Hulle is nogal vinkel en koljander. Albei huil én bloos maklik, veral wanneer komplimente uitgedeel word. Maar hulle lag ook spontaan en straal lewenslus en energie uit.

Ongelukkig is Franja en Ruan ook uitgelewer aan jaloesie, venyn en vooroordeel. Hul ma is immers die Suid-Afrikaanse superster Juanita du Plessis, wat al elke denkbare musiektoekenning gewen en nagenoeg 2,5 miljoen albums verkoop het.

Lees ons volledige onderhoud met dié broer en suster in die Augustus 2017-uitgawe van rooi rose.

Luister hier na Ruan Josh en Franja se duet, EK WIL LEWE:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.