kategorieë: Bekendes

Ryk Neethling aangewys as direkteur van Prinses Charlene se waterveiligheidstigting

Ryk Neethling is pas aangestel as die uitvoerende direkteur vir Prinses Charlene van Monaco se stigting in Suid-Afrika, wat fokus op waterveiligheid en swemopvoeding vir jongmense. Dié pos is vrywillig, en volgens berigte is Prinses Charlene baie bly dat Ryk die pos aanvaar het aangesien hy perfek is vir dié titel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Prinses Charlene en Ryk ken mekaar sedert hul dae as professionele swemmers en albei dra waterveiligheid na aan die hart. Ryk se swemloopbaan het juis begin nadat hy amper verdrink het. Ryk het self reeds ’n swemskool en neem gereeld deel aan waterveiligheidsveldtogte. Prinses Charlene het self aan verskeie waterveiligheidsveldtogte deelgeneem en het in 2012 die Prinses Charlene van Mondaco Stigting begin. Hierdie stigting het reeds meer as 300 000 mense wêreldwyd bereik om verdrinkings te voorkom. Die Suid-Afrikaanse been daarvan is gestig in 2013.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ryk is sedert 2016 ’n ambassadeur vir die stigting en is nie die enigste Suid-Afrikaner wat deel vorm hiervan nie. François Pienaar en Terence Parkin is beide ook ambassadeurs.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Laas jaar (2016) het die Prinses Charlene van Monaco-Stigting se Suid-Afrikaanse been 2 507 kinders leer swem. ’n Verdere 27 242 kinders het basiese waterveiligheidsvaardighede geleer. Daar is 23 projekte in die land wat deel uitmaak van hierdie vaardigheidsontwikkelingsinisiatief en hierdie jaar het die stigting saam met Lifesaving SA saamgespan om meer kinders te bereik. Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se skattings toon dat ongeveer 60 000 kinders onder die ouderdom van vyf wêreldwyd as gevolg van verdrinking sterf en dat meer as 360 000 mense jaarliks as gevolg van verdrinking sterf.

Verdrinking is die tweede grootste oorsaak van ongeluksterftes naas padongelukke in Suid-Afrika

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.