Jamie’s Italian is ’n restaurant-reeks wat deur die bekende sjef, Jamie Oliver, op die been gebring is. Die restaurante is reeds in van die wêreld se voorste stede gevestig, met die jongste toevoeging wat in November in Melrose Arch, Johannesburg gaan open. En Shane, oorspronklik van Gauteng, is pas aangestel as die hoofsjef vir dié gesogte eetplek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dit is egter nie die eerste keer dat Shane agter dieselfde kospotte as Jamie Oliver kook nie. Hulle het in 2008 vir die eerste keer skouers geskuur toe Shane by die eerste Jamie’s Italian-restaurant in Oxford gewerk het. Sedertdien het hy na Suid-Afrika teruggekeer, waar hy sy kundigheid in verskeie topklas restaurante vervolmaak het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Nou word hy weer met die Jamie’s Italian-familie herenig en is hy tans saam met Jamie en sy span in die proses om ’n unieke spyskaart saam te stel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hoewel die spyskaart nog nie gefinaliseer is nie, weet ons dat tuisgemaakte pasta die spil is waarom dié lot draai. So ook maak Jamie’s Italian voorsiening vir ’n bietjie speelsheid in sy spyskaart, met disse soos Heuningkoek Inkvis (foto hieronder) wat beslis ’n nuwerwetse skepping is. Voeg ’n knippie Suid-Afrikaanse tradisie daarby en jy sit met ’n restaurant wat jy eenvoudig moet besoek.
Tog sal dié restaurant nie vir lank die enigste van sy soort in Suid-Afrika wees nie. Dit is ook onlangs verklap dat ’n Kaapstadse Jamie’s Italian beplan word, hoewel die presiese ligging nie bekendgemaak is nie. So ook word daar verneem dat drie ander takke binne die volgende sewe jaar op eie bodem gaan wortel skiet.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.