kategorieë: DrankiesKos

SA se Top 10 Sauvignons bekend

Deur Maryke Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vanjaar se kompetisie, die enigste kompetisie ten volle toegewy aan Sauvignon Blanc, is weereens met die ondersteuning van die Top 10-titelvennoot FNB en die platinumvennoot EVER Solutions aangebied. Van die tien kampioenwyne is ses van die 2022-oesjaar, drie van 2021 en een van 2020. Die wenners kom van vele uiteenlopende streke soos Bonnievale en Worcester, Durbanville en Kaapstad, Stellenbosch se Polkadraai-heuwels, Elgin en Elim.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vanjaar se Top 10 (in alfabetiese volgorde) is: Bonnievale The River Collection Sauvignon Blanc 2022, Cilmor Winemaker’s Selection Sauvignon Blanc 2021, De Grendel Sauvignon Blanc 2022, Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve 2022, Kleine Zalze Vineyard Selection Sauvignon Blanc 2022, KWV Cathedral Cellar Sauvignon Blanc 2020, Paul Clüver Village Sauvignon Blanc 2022, Spier 21 Gables Sauvignon Blanc 2021, Strandveld Pofadderbos Sauvignon Blanc 2022 en Zevenwacht Z Collection Sauvignon Blanc 2021.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die wenners van vanjaar se 2022 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie.

Die wenners is voor van links Front: Andries Burger (Paul Clüver), Kobus van der Merwe (KWV), Quintin van der Westhuizen (Cilmor), Edwin Mathambo (Bonnievale), Nataleé Botha (Kleine Zalze) en Hagen Viljoen (Zevenwacht). Agter is Johan Jordaan (Spier), Charles Hopkins (De Grendel), Stephan Claassen (FNB se provinsiale besigheidshoof in die Wes- en Oos-Kaap), Shaun McVey (Strandveld), Juandre Bruwer (Diemersdal), Brent Claassens (besturende direkteur EVER Solutions).

Die paneel vir vanjaar se beoordeling was Dr. Winifred Bowman (Kaapse Wynmeester en sameroeper van die beoordelaarspaneel), Fiona McDonald (wynbeoordelaar en -skrywer), Johann Fourie (hoofwynmaker by Benguela Cove), Morgan Steyn (wynmaker by De Grendel), René Groenewald (Kaapse Wynmeester) en aspirant-beoordelaar Mahalia Kotjane (assistent-wynmaker by Lievland).

Johan Conradie (Vinventions), Edmund Terblanche (Shiraz SA Voorsitter/La Motte keldermeester) en Charles Hopkins (De Grendel Keldermeester)
Gerhard Augustyn (Leeuwenkuil), Philip Viljoen (Bon Courage) en Juandre Bruwer (Diemersdal).

“Vanjaar se Top 10 is opwindend en besonder treffend,” sê RJ Botha, Sauvignon Blanc SA se voorsitter. “Dit is ongelooflik hoe ons wynmakers hul besonderse terroir benut om hul eiesoortige style van Sauvignon Blanc te produseer. Die 102 produsente wat ingeskryf het verdien lof vir die stempel wat hulle afdruk in die style en geurprofiele uit verskeie terroirs en streke. Hierdie jaar word weer eens geken aan die uitstekende balans van wen-wyne wat vir die eerste keer in die Top 10 verskyn, asook díe wat reeds voorheen hierdie prestasie behaal het,” sê Botha.

Sauvignon Blanc SA bevorder Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc plaaslik en internasionaal.  ʼn Tegniese seminaar word op Woensdag 30 November 2022 in samewerking met die Departement Wingerd-en Wynkunde by Universiteit Stellenbosch gehou.

Hanneli Smit, Vinlab en RJ Botha, Sauvignon Blanc SA Voorsitter.
René Groenewald (Cape Wine Master) en Rob Gower (Woolworths wyn-aankoper).
Luzanne de Villiers, Christo Pienaar (SANWSA Voorsitter) en Eunice Joubert (Agri-Expo/Sauvignon Blanc SA).

Die Concours Mondial du Sauvignon, die grootste en belangrikste internasionale kompetisie toegewy aan Sauvignon Blanc, vind vir die eerste keer in sy 14-jarige bestaan buite Europa plaas wanneer Sauvignon Blanc SA hierdie kompetisie van 13 tot 17 Maart 2023 in Franschhoek aanbied.

Stephan Claassen, FNB se provinsiale besigheidshoof in die Wes- en Oos-Kaap, het die Top 10-wenners gelukgewens wat steeds in ’n uiters wisselvallige en mededingende omgewing presteer. “Vir Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc om mededingend en volhoubaar in die wêreldarena te bly, is dit noodsaaklik dat ons voortgaan om hierdie wyne te vier én platforms te bied aan talentvolle produsente wat hulle in staat stel om hul vaardighede te slyp en ten toon te stel. Ons plaaslike Sauvignon Blanc-produsente maak deurlopend wyn van uitstekende gehalte,” sê Claassen.

Stephan Claassen (FNB) en Edwin Mathambo (Bonnievale). Dit was die eerste maal wat Bonnievale Wyne in die top 10 ingesluit is.

Emanuele Bartolucci, Uitvoerbestuurder van EVER srl, het die wenners gelukgewens in ‘n videoboodskap uit Italië. EVER, ’n toonaangewende internasionale vervaardiger van hulpmiddels in die wynmaakproses sedert 1973, dryf sedert 2006 handel in Suid-Afrika.

Success Lekabe was die aand se seremoniemeester.
Die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10 2022-trofee.

Lees ook: Volhoubaarheid die wagwoord met dié wyn

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.