kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Reze-Tiana Wessels van “Diepe waters”

“Ek het al van ’n baie jong ouderdom geweet ek wil toneelspeel. Toe ek agt jaar oud was, het ek vir my balletjuffrou vertel ek gaan ’n aktrise wees! Dans is ook nog altyd ’n passie. Dit is hoe ek dissipline, uithouvermoë en ’n liefde vir die kunswêreld ontwikkel het,” sê sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Karlien Meiring het meer oor hierdie besige brunette gaan uitvind. (Hooffoto: Willem Botha)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe is dit om die rol van Nina de Wet in Diepe waters te vertolk?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

My ervaring op stel is wonderlik. Dis harde werk, maar ek geniet elke oomblik daarvan! Ons het ’n ongelooflik ondersteunende span en dit maak die vibe op stel fantasties.

Die karakter wat ek vertolk, is ’n lojale vriendin en baie geheg aan haar familie. Sy is warm, vriendelik en laat mense om haar gemaklik voel. Ek is baie dieselfde in daardie aspek. Ek het ’n handjie vol hartsvriende en liefdevolle ouers waarmee ek goed oor die weg kom.

Jy was ook in 2020 ’n Vodacom Bulls Babe. Hoe was daardie ervaring?

Voor dit het ek by die Lions ook gedans, maar my ervaring by die Vodacom Bulls Babes was net eenvoudig ongelooflik. Dis was werklik ’n droom wat waar geword het. As klein dogtertjie het ek altyd die meisies voor ’n rugbywedstryd sien dans en dan het ek vir my pa gesê dat ek ook eendag op daardie veld gaan wees! Ek is so dankbaar vir die wonderlike geleentheid. Nicola Brosnihan, ons afrigter, was so ’n Godvresende vrou en ’n ongelooflike goeie leier vir ons dansers. Voor en ná elke repetisie en rugbywedstryd het sy vir ons gebid en raad gegee. Dit was so lekker om saam met ander meisies te dans wat net so lief is vir die Here.

Waarmee is jy besig wanneer jy nie op stel is nie?

As ek nie toneelspeel nie, dans ek self of rig ek dans af. Ek is in verskeie dansstyle, soos ballet en moderne dans tot tradisionele danse, soos Ierse en Latynse dans, opgelei. Ek rig ook baie paartjies vir hul eerste dans op hul troudag af. Dit is vir my baie spesiaal om deel van sulke groot oomblikke te kan wees.

Is daar ’n droomrol wat jy nog eendag wil vertolk?

Definitief om in een of ander aksierolprent, soos Lara Croft, te speel. Dit is so ’n groot droom van my om eendag ’n Marvel– of DC-superheld of -antagonis te speel. Ek hou van uitdagende rolle en wil konstant op my tone gehou word. Dit sal natuurlik ook ongelooflik wees om by meer internasionale produksies betrokke te wees.

Foto: Portal of strangers

Wat sal mense van jou verbaas?

Ek is ongelooflik lief vir diere, veral my kat! As ek kon, sou ek my hele huis in ’n dieretuin verander. Ek is ’n adrenalien-junkie: Ek is mal oor vinnige motors en het al op driejarige ouderdom omtrent al die bekende motorhandelsmerke geken. In 2018 was ek gelukkig genoeg om saam die renjaer Bernd Schneider in ’n Mercedes GT4 te ry. Ek het ook al tandem-valskermspring (skydiving) gedoen.

Volg Reze-Tiana op Instagram!

“Diepe waters” word elke Maandag tot Donderdag om 18:30 op kykNET (kanaal 144) uitgesaai.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Die Kontrak se Samantha Leonard

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

23 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

23 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

23 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

24 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.