kategorieë: TuinmaakLeefstyl

SA vier eerste Tuindag

Tuindag is die breinkind van Nick Stodel, besturende direkteur van Stodels Kwekery, wie se pa, Rob, jare gelede die bekende Boomplantdag bekendgestel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Nick oorweeg al lankal die bekendstelling van die internasionale konsep van ’n Tuindag in Suid-Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Tuindag is nie verbonde aan enige maatskappy of individu nie,” sê hy. Vir hom is dit ’n dag waarop tuiniers hul tuingereedskap neersit en hul tuine geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons wil Suid-Afrikaners aanmoedig om die dag te geniet en een van die eenvoudigste, mees waardevolle ervarings in die lewe te geniet, naamlik tuinmaak.”

Britse navorsing het bewys dat tuiniers en bloemiste gelukkig is weens hul beroepe. Prof Paul Dolan, gedragswetenskaplike, meen hulle is twee keer so gelukkig soos beroepe waarin mense meer betaal word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Stodels vier tradisioneel in volle blom aan die begin van Oktober, wanneer mense kleurvolle blomme plant wat tuine ophelder en geure versprei. Dit pas goed aan by Tuindag.

Waar kan ons Tuindag vier?

In jou tuin, op ’n patio, op ’n balkon, in ’n agterplaas of in enige groen ruimte. As jy nie ’n tuin besit nie, gaan kuier by enige kwekery of by die Botaniese Tuine.

Wat om op Tuindag te doen

Besoek ’n tuinsentrum en laat die kleure en aromas jou inspireer. As jy egter besluit om jou graaf die dag te laat rus, sit agteroor en geniet jou tuin saam met familie en vriende.

Probeer iets lekker

• Hou ’n teeparty op die grasperk

• Lees ’n boek onder ’n boom

• Stig ’n plant-klub pleks van ’n boekklub. Vra dat elke gas ’n interessante plant bring en uitruil

• Nooi vriende vir ’n braai en gebruik kruie uit die tuin om die vleis te geur

• Mediteer, doen joga of beoefen Tai Chi in jou tuin

• Betrek jou kinders by die tuinmaak. Begin saam ’n groentetuin.

• Skilder in jou tuin

Vir meer inligting gaan na www.gardenday.co.za of www.stodels.com

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.