kategorieë: Ons menseBekendes

JP & Sue Duminy se geheime vir die huwelik

Sue sê as sy nie ’n goeie verhouding met God het nie, kan sy nie een met haar man wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“My hele wese, my siel, my karakter spruit uit God. My gemoed, my gedagtes en my make-up is gewortel in Sy beeld. My leuse is: Probeer om soos Jesus te wees, as jy jouself in ’n moeilike situasie bevind, vra jouself hoe sou Hy opgetree het? Die meeste van die tyd sal jou antwoord wees – met liefde.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sue glo mens moet liefde teenoor almal rondom jou toon – selfs teenoor die motorbestuurder wat voor jou insny in die verkeer. “Dalk is hy op pad na ’n geliefde in die hospitaal. Leer om mense die voordeel van die twyfel te gee. Ek belowe jou jou lewe sal ’n gelukkiger plek word!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy glo ook as jy vir God vind, vind jy ’n hele nuwe wêreld. ’n Wêreld van liefde, vrede, geluk en tevredenheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Vervulling vul elke uithoek van jou liggaam en gees. ’n Oorweldigende gevoel van beskerming en teenwoordigheid verwarm jou hart. Jou denke verander en jou reaksies is in beheer.”

Die paartjie glo in die huwelik moet elkeen die beste weergawe van hom- of haarself wees voor jy ’n huweliksmaat kan wees. Hulle besef ’n ongelukkige paartjie beïnvloed alles en almal om hulle negatief.

“Niemand wil in ’n verhouding of huwelik wees waar jy heeltyd voel jy loop op eiers nie. ’n Goddelike vrou en ’n Godvresende man se huwelik is gebaseer op die deugde geduld, liefde en vriendskap. Dit raak nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit hanteer mekaar nie met oneer nie, is nie eiesinnig of liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Liefde verlustig hom nie in die kwaad nie, maar bly saam met die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.”

Vir hulle is liefde nie ’n goedkoop ding wat gou verwelk nie. Liefde is vir hulle ’n band, ’n verbintenis, en dit is ’n lewenslange band.

Liefde kan ’n klomp dinge verduur. Liefde is konstant.

Sue se siening van die liefde: “Liefde vir my is ’n intense, oorweldigende gevoel wat my hart letterlik warm laat voel. Dis ’n stormloop van endorfiene. Dit is ’n ongelooflike opwinding van geluk en vrede. Ek ervaar dit as ek my man en dogter sien.”

JP se siening van die liefde: “Dit is ’n oorweldigende gevoel wat moeilik is om te verduidelik. Dis ’n warm sensasie in jou. Dit is buite jou beheer, maar jy weet dit is daar.”

Sue se geheim vir ’n gelukkige huwelik is dat God die grondslag van die huwelik is, maar dat JP haar nommer een man is.

“My verhouding met God beïnvloed my huwelik direk. As my gedagtes en hart op die regte plek is, sal my huwelik ook so wees. Moet nooit respek vir jou lewensmaat verloor nie. Maak altyd tyd vir mekaar, veral as jy kinders het. Praat met mekaar. Sê as jy nie van iets hou nie. Luister na mekaar. Luister met begrip en maak ’n verandering wanneer nodig. Die huwelik is ’n voortdurende aanpassing en verandering. Maak altyd seker jy en jou maat groei in dieselfde rigting.”

Sy glo die huwelik behels ook dat mens mekaar ruimte gee om sy eie dinge te doen soos visvang of gholf speel. Sy dink altyd aan haar man voor sy besluite neem.

JP wortel ook sy verhouding in God. Hy glo ’n onbaatsugtige ingesteldheid laat die huwelik werk en dat mens mekaar vryheid moet gee om as individue te groei.

Sue het geleer om oor probleme te gesels.

“Ek voel soveel beter as ek oor ’n konfliksituasie praat. Ons probeer ’n gemeenskaplike grond vind waar ons albei erken wat ons verkeerd gedoen het, om verskoning vra en die probleem laat gaan.”

Sy glo die huwelik moet voortdurend geëvalueer en aangepas word. Dit verg diep gesprekke op ’n konstante basis. Die huwelik floreer op kwesbaarheid, eerlikheid en vertroue.

JP sê in ’n huwelik kan elkeen soms dink sy menging is reg.

“As elkeen eers luister voor hy reageer, sal die huwelik ’n lang pad stap. Neem tyd om te dink oor wat jy wil sê voor jy reageer. Dit is ’n stap in die regte rigting” – JP Duminy

Sue meen as iemand deur ’n slegte fase gaan, moet jy praat oor die probleem.

“Sê hoe jy voel, hoe hy/sy jou laat voel het en praat, altyd met liefde en respek, teenoor mekaar. Laat hom/haar verstaan wat jou lewensdoelwitte is en wat jy van hulle verwag en hoe jy ondersteun wil word.”

Sy sê jy moet altyd onthou hoekom jy op daardie persoon verlief geraak het.

“Die belangrikste deel is: Bid saam … bid vir mekaar” – Sue Duminy

JP meen mense se ego is dikwels in die pad wat veroorsaak dat hulle ’n probleem self oplos.

“Soms help dit om raad te vra as jy nie op jou eie die antwoorde kry nie. Dit is nie ’n swakheid om raad te vra nie, dit toon karakter.”

Sue se raad aan enkellopende vroue is om te soek na ’n man wat jou met respek behandel en wat jou ondersteun, motiveer en vir jou sal opstaan.

“Kry iemand met goeie morele waardes en ’n goeie werksetiek. Die regte man sal jou soos ’n prinses laat voel. Elke dag. Ek het lank vir so man gebid en God het my gebed verhoor.”

JP het gesoek na ’n unieke vrou wat God oor sy pad sal bring. Iemand wie hy kan vertrou. En dit is Sue.

Bron: Inspired Women
Sue se rok deur Cindy Bam Couture
Foto’s deur Shireen Louw

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.