kategorieë: Leef gesondGesondheid

Visieprobleme in kinders: wat jy moet weet

Net soos wat kinders moet leer loop en praat, moet hulle ook visuele vaardighede aanleer om hul omgewing te verstaan. Volgens ’n 2014-studie deur die WHO (Organisasie van Wêreldgesondheid), het ongeveer 19 miljoen kinders wêreldwyd visieprobleme waarvan 12 miljoen kinders se oogkondisies gekorrigeer kon geword het as hulle gereelde oogondersoeke ondergaan het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Teen die tyd dat ’n ouer besef sy/haar kind het ’n visieprobleem, het die kind se visuele skerpte al met meer as 60% verminder. Hoe vroeër ’n oogprobleem deur ’n oogkundige gediagnoseer word, hoe vroeër kan dit behandel word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

8 tekens dat jou kleinding (onder 3) ’n oogprobleem kan hê

• Lyk hy/sy gemaklik wanneer hy/sy televisie kyk?

• Hou hy/sy gereeld sy/haar kop skuins?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Trek sy/haar oë op skrefies?

• Kyk hy/sy buite na voorwerpe of voëltjies as hy/sy hulle hoor kwetter – volg hy/sy die omgewing met sy/haar oë?

• Vermy hy/sy lig of reageer nie wanneer ’n lig skyn nie?

• Vryf die oë obsessief met vingers en trek gesigte?

• Draai die oë sonder om op iets te fokus?

• Vat of gryp voorwerpe mis?

Strabismus, beter bekend as ‘skeeloë’, is wanneer die oë inwaarts draai of as oë verskillende visuele voorskrifte het. ’n ‘Lui oog’ kan sodoende ontwikkel as ’n kind voorkeur gee aan die oog wat duideliker beelde gee en die ander oog verwaarloos. Die verwaarloosde oog ontwikkel dan nie sy visuele skerpte nie.

5 tekens van visuele probleme in ouer kinders (ouderdomme 4+)

• Die kind val gereeld oor sy/haar voete en hardloop teen meubels vas.

• Sukkel meer om te sien wanneer dit skemer raak en donker is.

• Die kind hou nie daarvan om te lees nie.

• Die kind isoleer hom-/haarself van ander kinders.

• Herhalende hoofpyne.

Ernstige oogprobleme in kinders waarvan ouers bewus moet wees

Die volgende vyf toestande is slegs enkele oogprobleme wat kinders ervaar en wat behandeling mag nodig hê. Raadpleeg jou oogkundige as jy enige van hierdie oogprobleme by jou kind opmerk.

Ambliopie

Dit is gewoonlik die oorsaak van strabismus en kom voor as die oë gedraai is of as die oë verskillende visuele voorskrifte het. ’n Oogkundige sal die regte behandeling voorstel.

Versiendheid (hiperopia)

Die kind kan vêr voorwerpe maklik herken, maar vind dit moeilik om op naby voorwerpe te fokus. Dit veroorsaak hoofpyne, rooi oë, ’n lae konsenstrasievermoë en rusteloosheid. Kinders word ook vinnig moeg as hulle lees of skryf. Die toestand kan wel verbeter soos kinders ouer word.

Bysiendheid (miopie)

Die kind sukkel om op vêr voorwerpe te fokus as gevolg van die veranderde vorm van die oog. Bysiende kinders gee meer aandag aan naby voorwerpe maar trek gereeld hul oë op skrefies of knip hul oë gereeld as hulle op vêr voorwerpe probeer fokus.

Astigmatisme

Dit is ’n ongewone kurwe van die kornea, die buitenste, rondvormige oppervlak van die oog. Afhangend van die ernstigheid van die kornea se ongewone vorm, kan voorwerpe verdof, verdraai of skuins voorkom.

Konjunktivitis (pienkoog)

Dit is die ontsteking van die buitenste wit oppervlak van die oog en die binneste rand van die ooglede. Dit word gewoonlik deur bakterieë en aansteeklike infeksies of allergiese reaksies veroorsaak. Die oog lyk rooi of pienk, oë is jeukerig en geïrriteerd en ’n afskeiding verskyn in beide oë.

Inligting verskaf deur Mellins i Style.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: oogsorg

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.