kategorieë: Kos

Satay-roerbraai

Gebruik John West se ingemaakte gekapte knoffel, gemmer en rissie om tyd te bespaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Satay-sous
60 ml (¼ k) grondboontjiebotter
45 ml (3 e) mangoblatjang
sap van 1 lemmetjie
15 ml (1 e) heuning
30 ml (2 e) sojasous
125 ml (½ k) klappermelk
5 ml (1 t) gekapte knoffel
15 ml (1 e) gekapte gemmer
15 ml (1 e) gekapte rissie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Roerbraai
30 ml (2 e) olyfolie
500 g varkfilet, in dun repies gesny
5-6 sprietuie, gesny
2 hande vol mangetout (jong groenertjies in die peul)
hand vol koljanderblare, gekap + ekstra vir bo-op
125 ml (½ k) rou grondboontjies
30 ml (2 e) swart sesamsaad
500 ml (2 k) gaar jasmynrys

1. Meng die Satay-sous bestanddele saam en geur na smaak. Hou eenkant.
2. Verhit die olie oor hoë hitte in ’n wok of groot braaipan. Braai die varkrepies in 2 sarsies vir 3 min. tot goudbruin en gaar. Geur na smaak.
3. Verlaag die temperatuur, gooi die sataysous oor en roer tot deurwarm. Roer die sprietuie, mangetout, koljanderblaar en grondboontjies deur.
4. Meng die sesamsaad deur die jasmynrys, strooi die res van die koljanderblare oor die roerbraai en sit voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

18 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.