Season of Sauvignon is ’n wonderlike geleentheid om die Durbanville Hills-landgoed te ontdek en die feestelikhede sluit verruklike verversings, goeie vermaak en pryswennerwyne in. Kaartjies, beskikbaar deur Webtickets, kos R100 vir volwassenes en R50 per kind.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die Durbanville Hills Sauvignon Blanc is bekend vir sy tropiese vrugtegeure en ’n varsheid op die palet. Hierdie wyn plus Durbanville Hills se sauvignon-geïnspireerde vonkelwyn, wat pas bekend gestel is, sal twee van dié naweek se uitblinkers wees. Gaste word genooi om met ’n glas wyn in die hand terug te sit en te ontspan op die grasperke terwyl hulle na Paige Mac (’n gunsteling by dié wynplaas) se sielvolle sang luister. The Renegades gaan ook optree.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }’n Verskeidenheid van Kaapstad se kostrokke sal te vinde wees sodat feesgangers enigiets van hamburgers tot tacos, toebroodjies tot oesters, en kaas- en charcuterie-borde kan geniet.
Ouers kan ’n blaaskans (en ’n glas Sauvignon Blanc) neem terwyl die jongspan op springkastele spring, kaskar ry, sandkuns maak, gesigte verf, kyk na toertjiekunstenaars en ballonne vou, pyl en boë skiet – en vele meer. Die Curry Cup-finaal sal ook uitgesaai word in die wynproekamer vir al die stoere rugbykykers.
Datum: 28 en 29 Oktober 2017
Tyd: 11:00 – 18:00 (Saterdag en Sondag)
Toegangsgeld: Persone bo 18: R100 pp, insluitend ’n wynproeglas en 8 wynproekaartjies
Kinders (2 – 18): R50 pp, insluitend ’n vrugtesappie en twee aktiwiteitskaartjies
Kaartjies: Beskikbaar deur Webtickets of by die hek
Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan info@durbanvillehills.co.za of bel 021 558 1300.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.