kategorieë: Ons menseBekendes

Ses aanhalings en vyf feite oor ‘Nêrens, Noord-Kaap: Deel II’ se eerste episode

Ses aanhalings om te onthou:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • “Die plaas skud julle af soos herfsblare.” – Pa Lourens in sy dagboek aan Andries
  • “Dit sal maar net altyd hier moet bly, want ons het haar hier begrawe. En ons gaan Pappa ook hier moet begrawe.” – Klein Andries oor die familieplaas, Nêrens, aan jong Pa Lourens
  • “Ek kan skaars lees, en nou verwag jy ek moet dit tussen die lyne doen.” – Frans aan Lorrie
  • Pa Lourens: “Lorrie skink daar vir jou mense iets. Lourens gooi daar vir jou pa ’n dop.”
Ronnie: “Nee nee, Pa, ek is nou al wat…”
Suzette: “ ’n Jaar…”
Ronnie: “Op die wa.”
Pa Lourens: “Ek hoor die ding, maar kom nou…”
  • “Frans, die huis is leeg. Ek mis jou. Jou pa mis jou, al sal hy dit nooit erken nie. Ek ruil jou beddegoed elke week, en jy kan nou maar ophou hardloop en ’n slag weer huis toe kom. Lekker verjaar.” – Maggie se briefie aan Frans op sy verjaardag
  • Fleur: “Oom ben nog jonk.”
Pa Lourens: “Aargh.”
Fleur: “Jy hoef nie alleen te zijn.”
Pa Lourens: “Nee, meisiekind. Jy vang nie twee keer die son nie.”

Vyf feite oor Episode 1:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  1. ’n Klein filmspan, wat die regisseur Nico Scheepers en die kinematograaf Chris Lotz ingesluit het, is Nederland toe om die skote met Andries (De Klerk) en Fleur (Melissa Willering) te verfilm.
  2. Die toneel met Pa Lourens tussen die kokerbome is op die plaas Gannabos in die Nieuwoudtville-omgewing verfilm. Gannabos het die grootste kokerboomwoud in die Suidelike Halfrond. Kokerbome is interessant genoeg nie bome nie, maar in werklikheid ’n vetplant wat tot die aalwynfamilie behoort.
  3. Die merk aan die lammetjie wat aan die begin van die episode met die draad om die nek gesien word, is met grimering gedoen.
  4. Melissa Willering speel nie net die rol van Fleur nie – sy het ook die onderskrifte van haar Nederlandse woorde en die vertaling daarvan na Engels behartig.
  5. Spoegwolf se “Sambreeltjie” is die liedjie wat gehoor word wanneer Andries en Fleur by Frans se partytjie op Lorrie se plaas aankom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die eerste episode van Nêrens, Noord-Kaap Deel II is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees. Kyk saam elke Dinsdae om 20:00 op kykNET&kie, DStv-kanaal 144
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.