kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Ses skoonmaakfoute vir banke en stoele wat jy nooit moet maak nie

Ses skoonmaakfoute vir banke en stoele wat jy nooit moet maak nie. Deur Cornel Dunn. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gestoffeerde meubels soos banke en stoele kan kwaai deurloop onder troeteldiere en kinders. Naas matte, word hierdie meubelstukke die meeste blootgestel aan stof en vlekke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Verhoed die volgende as jy dit wil skoonmaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is ses skoonmaakfoute vir banke en stoele wat jy nooit moet maak nie

1. Jy skrop die materiaal

Deur die materiaal te skrop, dryf jy die merke net dieper in die vesel in.

As die merk vars is, gebruik kombuispapier om die oortollige vloeistof weg te klad.

As die vlek ouer is, maak gebruik van ’n vlekverwyderaar of ’n stoomskoonmaak-masjien.

2. Jy gebruik te veel water

Selfs skoon water sal vlekke laat as die materiaal te nat word. As die materiaal droog word, sal daar dan ’n permanente watervlek wees. Gebruik die minimum water.

3. Jy gebruik die verkeerde skoonmaakprodukte

Enige skoonmaakmiddel wat bleikmiddels of ammoniak bevat moet vermy word. Dit sal die materiaal laat verkleur en ook beskadig. Selfs die vesels self sal ’n knou kry.

4. Jy gebruik die verkeerde skoonmaaktoerusting

Gebruik sagte mikrovesel-lappies wat nie rafels sal agterlaat nie.

Vermy harde borsels.

5. Jy wend materiaalbeskermers verkeerd aan

Materiaalbeskermers soos Scotch Guard is baie gewild. Dit verhoed vlekke en beskerm die meubelstuk.

Daar is ook doen-dit-self-produkte beskikbaar, maar as jy dit nie reg aanwend nie, kan dit jou baie skade berokken. As jy twyfel, laat dit liewer professioneel doen.

6. Jy gebruik te veel hitte

Sekere materiale soos sy of mengsels hiervan, word maklik deur hitte beskadig. Alhoewel stoomskoonmaak baie gewild is, is dit nie ideaal vir alle materiale nie.

Wenke om jou gestoffeerde meubels self skoon te maak

Tuisgemaakte skoonmaakmiddels is goedkoop en vriendeliker vir die omgewing.

  • Vir materiaalbekleedsel, meng ’n ¼ koppie witasyn, ’n ¾ koppie warm water en 1 eetlepel opwasmiddel. Skud dit saam in ’n sproeibottel. Sproei die vlek. Gebruik ’n mikrovesel-lappie om die vlek saggies te vryf. Gebruik ’n tweede lappie wat in water geweek is om die seep te verwyder. Druk dit droog met ’n handoek.
  • Vir leerbekleedsel, meng ’n ½ koppie olyfolie met ’n ¼ koppie witasyn. Sproei dit op die vlek en poets.
  • Vir sintetiese bekleedsel, meng ’n ½ koppie witasyn, 1 koppie warm water en 2 eetlepels opwasmiddel in ’n sproei bottel. Sproei die area en gebruik ’n sagte lappie om die vuilheid saggies weg te vryf.

Lees nog: Hoe om skoon matte sonder ’n matmasjien te kry

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.