kategorieë: InspirasieJou lewe

Sewe goedvoelwenke vir elke dag

As jou omstandighede moeilik is of as jy dikwels af voel, gaan jy nie sommer oornag in ’n vrolike voëltjie verander nie. Jy kan egter op enige tydstip ’n klein bietjie beter voel. Wanneer jy agterkom jy voel blou, kan jy besluit om jou gemoed selfs net ’n bietjie te lig. Dit is ’n realistiese doelstelling, en meestal doenbaar!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Ag, hoe oulik!

Kry ’n prentjie van ’n baba, klein hondjie of ander babadiertjie met die cute-faktor op die internet of elders. Dalk het jy die dierbaarste foto van jou dogtertjie of kleinseun op jou selfoon. Kyk met ’n oop hart daarna.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Voelbaar

Waaraan raak jy graag? Is jy mal oor die gevoel van fluweel onder jou vingerpunte, loop jy graag kaalvoet oor die gras, of geniet jy dit wanneer jou hande in warm water beland? Neem ’n oomblik en gun jouself hierdie sintuiglike ervaring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Met liefde

Gee of vra ’n drukkie. As dit nie kan nie, streel saggies oor jou arm of jou wang terwyl jy diep asemhaal en daarop fokus dat jy, nes die mense om jou, maar in hierdie oomblik mag bestaan.

4 Beweging

Om jou aan beweging te verwonder, al is dit net vir ’n paar minute, kan strelend wees. Kyk hoe die wolke verbysweef, hou ’n blom dop wat in die wind dans, of rol ’n druppel water in ’n varkoor- of kappertjieblaar.

5 Lysie

Verbeel jou vyf eenvoudige lekkertes – hoe eenvoudiger, hoe beter. Dalk iets soos:

• klein mondjiesvol warm tee
• sonstrale op jou gesig
• die geur van warm brood
• ’n kat wat teen jou bene skuur
• vars lakens op jou bed

6 Sou dit nie lekker wees …

Maak drie wense wat elk begin met “Sou dit nie lekker wees …” Gee jou verbeelding vrye teuels! Niemand hoef ooit te weet nie. Dis net ’n speletjie.

7 Strek

Staan op en strek jou lyf vyf minute lank op enige manier. As jy nie weet hoe nie, verbeel jou jy’s ’n kat.

Lees ook: Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

4 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.