kategorieë: InspirasieJou lewe

Shumeez Scott: jong inspireerder en model

Shumeez Scott: jong inspireerder en model deur Zoë Salzwedel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vir die agtienjarige Shumeez Scott is geen droom te groot nie. Shumeez het onlangs ‘n lewenslange kontrak met die Ace-modelagentskap in Kaapstad losgeslaan, en sy spog boonop met twee nasionale en internasionale skoonheidstitels agter haar naam. Shumeez het haar eerste titel gewen toe sy as die heel eerste Miss Magnificent Women International: Phenomenal Woman in South Africa bekroon is. Sy het ook die internasionale been van die skoonheidskompetisie gewen en sal dié kroon later vandeesmaand in Indië ontvang. Shumeez sal ook volgende jaar in Las Vegas die kroon aan haar opvolger oorhandig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }
View this post on Instagram

my official crowning Miss DS Ribbons4Roses SA And Miss MWI Phenomenal SA of to India soon for world title super excited ???✈??

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

A post shared by Shumeez Scott (@shumeezscott) on

Die Miss MWI Phenomenal 2018/19 was die eerste gebeurtenis van sy soort ter wêreld vir mense met spesiale behoeftes. Dié kroningseremonie is by Villa Vissagio se De La Paix in Klapmuts gehou, en Shumeez het asemrowend gelyk in ’n wit aandrok, diamantoorbelle en krulle wat los oor haar skouers hang.

Die jong Kapenaar het verlede jaar in modelwerk begin belangstel nadat sy haar ouer suster, Zhuqeelah (wat ’n hijab-model is) se fotosessies bygewoon het. Mense op stel was so beïndruk met Shumeez se natuurlike vermoëns voor die kamera dat hulle haar genader het om ook ’n model te word.

Die Scott-familie het onlangs ’n modevertoning vir mense met spesiale behoeftes in Athlone gereël, en 23 aspirantmodelle het die kans gekry om hul talent ten toon te stel. By die geleentheid het Ace Models vir Shumeez ’n lewenslange kontrak aangebied. (Ace is ook Demi-Leigh Nel-Peters, verlede jaar se Mej. Suid-Afrika en die Mej Heelal van 2017, se agentskap.) Shumeez gaan ook die kans kry om die eerste dame van Nigerië, Aisha Buhari, te ontmoet tydens ’n gala-dinee ter ere van die wenner van MWI. Die akroniem staan vir “Magnificent Woman Icon”, ’n gepaste beskrywing vir die vasberade jong Kapenaar.

Alhoewel Shumeez reeds op projekte met Ace Models gewerk het, is ’n lewenslange kontrak ’n buitengewoon skaars aanbod in die modebedryf. Dit is beslis ’n bewys van haar unieke skoonheid.

Shumeez is ’n inspirasie vir duisende Suid-Afrikaners, en’n ware simbool van hardwerkendheid, vasberadenheid en uithouvermoë. Hou haar gerus dop!

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.