pixabay
Deur Catherine Schenck. Foto: pixabay.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Akani Simbine en Henricho Bruintjies het op Maandag 9 April 2018 onderskeidelik goud en silwer in die 100 m-naelloop gewen. Die gunsteling, die Jamaikaanse Yohan Blake, moes met ’n bronsmedalje tevrede wees. Simbine het die naelloop in 10.03 voltooi, Bruintjies 10.17 en Blake was kort op sy hakke in 10.19.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Twee ander naellopers het medaljes verower. Dyan Buis het silwer gewen en Charl du Toit brons in die T38 100 m-naelloop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ons swemmers het vanjaar goed gevaar. Chad le Clos het drie goue en een silwer medalje verower. Hy het goud gewen in die 100 m-, 200 m- en die 50 m- vlinderslag. Hy het silwer gekry in die 100 m-vryslag. Cameron van der Burgh het ‘n goue (50 m- borsslag) en ‘n bronsmedalje (100 m-borsslag) verower. Christian Sadie het silwer gewen vir die S7 50 m-vryslag en Ryan Coetzee het ’n brons losgeswem in die 50 m-vlinderslag. Tatjana Schoenmaker het twee goue medaljes gewen in die 100 m- en 200 m-borsslag.
Die driekampatleet Henri Schoeman het Suid-Afrika se eerste goue medalje gewen. Mona Pretorius het ’n bronsmedalje gekry in gewigoptel en die vroue-rolbalspan van Elma Davis, Esme Kruger, Nicolene Neal en Johanna Snyman het ’n silwer medalje gewen en Colleen Piketh ’n brons.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ons artikel oor Schoeman se oorwinning hier.
Die Statebondspele duur tot 15 April 2018.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.