kategorieë: ReisOntspanning

Sit terug in Mequfi, Mosambiek

Hou in gedagte

  • Suid-Afrikaners het geen visum nodig vir ’n besoek aan Mosambiek nie.
  • SA Airlink vlieg gereeld tussen OR Tambo en Mequfi en die vlug duur sowat twee en ’n half uur. Sit aan die regterkant van die vliegtuig wanneer jy Pemba toe vlieg sodat jy die kuslyn kan dophou en die beste blik het op die skiereiland wanneer die vliegtuig gaan land.
  • Die hotel is ’n uur se ry van die lughawe by Pemba.
  • Die voertaal is Portugees maar Engels word wyd gepraat.

Op ’n uitstappie na ’n natuurbewaringsgebied troon koppies soos hierdie een bo jou uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Die tydsone is dieselfde as in Suid-Afrika.
  • Moenie dié gebied met die Pemba-eiland in Zanzibar verwar nie. Die Mosambiekse kusstad het vroeër as Porto Amelia bekend gestaan.
  • Die reënseisoen duur van Desember tot April en die droër, koeler seisoen van Mei tot September.
  • Daar is 40 luukse kamers en tien suites. Almal het gratis WiFi, ’n buitestort, ’n stoep wat op die see uitkyk en almal is binne stapafstand van die see.

’n Besonderse boom in die natuurbewaringsgebied – die plat voue is twee maal so hoog soos ’n man.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Dis malariagebied – tref voorsorg. Al die kamers het muskietnette.
  • Vat gemaklike klere, ’n hoed, sonroom, rugsakkie en stapskoene vir ingeval jy ’n daguitstappie wil meemaak.
  • Die hotelpersoneel maak die strand daagliks skoon. Gaste kan skulpe wat hulle optel by die aktiwiteitsentrum uitstal, maar later word die skulpe weer teruggesit.

Sonsopkoms vanuit die slaapkamer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Gaste kan kies tussen aandete en ontbyt (halfboard) en alle etes ingesluit sowel as sekere drankies en versnaperinge (fullboard). Die hotel het drie restaurante en twee kroeë.
  • Vleis, kaas, wyn en ander kossoorte word uit Suid-Afrika ingevoer.
  • Maak gerus ’n draai by die Mvua African Rain Spa.

Visa en Mastercard word aanvaar.

Katamaran-pret

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman
Tags: vakansiereis

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

20 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

23 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

23 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

24 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.