kategorieë: Dekor

Skep die perfekte tuiskantoor

Organiseer
Vermy ’n pakkerasie en wanorde. Maak gebruik van aantreklike lêers en houers om jou dokumente in te stoor. Dieselfde geld vir jou skryfbehoeftes. Daar is niks soos chaos om jou produktiwiteit in die wiele te ry nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Funksionele uitleg
Sorg dat papierwerk wat dadelik aandag kort, binne jou bereik is. Stoor langtermyn items in ’n ander deel van jou kantoor. Kies ’n plekkie vir jou lessenaar wat naby die venster is sodat jy genoeg natuurlike lig kry. Maak gebruik van ’n vertrek wat nie ’n deurloop het of in die hartjie van die huis is nie. Sodoende sal jy meer gedoen kry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Atmosfeer
Verf die vertrek ’n koel en rustige kleur. Ons het twee skakerings groen gebruik en die kleur in ’n vrolike fop-gordyn in dieselfde skakerings geanker. Maak gebruik van bykomstighede om jou kantoor ’n persoonlike gevoel te gee. Dis belangrik dat die ruimte weerspieël wie jy is, sonder om jou aandag op te veel tierlantyntjies te vestig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skoon lyne
Probeer om skoon lyne in jou kantoor te kry deur meubels reg te groepeer. Moet nooit jou meubels voor ’n deur sit nie, al bly dit toe. Dit lyk onnet en onrustig. Sorg ook altyd dat meubelstukke wat voor ’n venster staan, laer as die vensterbank is.

Groter meubelstukke beteken nie noodwendig meer funksionaliteit nie. Ons het die groot lessenaar met ’n smaller blad vervang. Dit het gesorg vir meer vloerspasie asook ’n groter werksoppervlak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Voor

Na


’n Kas-kantoor vir ’n klein ruimte

Ons het ’n kas laat bou wat diep genoeg is om in ’n kantoor te omskep te word. Die ruimte is optimaal benut deur rakke aan die binnekant van die kas sowel as die deure aan te bring. Die groot voordeel van so ’n kas is die feit dat jy die deure kan toemaak as jy klaar gewerk het.

Die kas kan ook met min moeite in ’n kreatiewe werksplek omskep word.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.