kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Skep ’n voëlvriendelike tuin

Skep ’n voëlvriendelike tuin deur Liesl van der Walt. Foto: Kiekie & Kie vir Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Skep ’n voëlvriendelike tuin

Hier is goeie wenke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kos & skuiling

Baie voëls is skaam en skrikkerig en het hoë bome en digte struike nodig waar hulle veilig voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bome waarin voëls kan nesmaak, is nog aantrekliker as hulle kos ook het.

Doringbome (Acacia-spesies) is gewilde bome vir neste en die inheemse vye (Ficus-spesies) is vir maande feesplekke met trosse vrugte en die massas insekte wat hulle lok. Die bladwisselende wit stinkhout (Celtis africana) en geharde olienhout (Olea europaea subsp. africana) dra bessies wat loeries, muisvoëls en kliplysters eet.

Die helder rooi blomme van koraalbome (Erythrina-spesies) en huilboerbone (Schotia-spesies) wat drup van nektar, is suikerbekkies se gunstelinge. Die notsung (Halleria lucida) is een van die beste kleiner bome vir voëls, met nektarryke blomme en vlesige, swart vruggies vir vrugte-eters.

Aalwyne en die Kaapse kanferfoelie (Tecoma capensis) se blomme is ook vol nektar en groei dig met goeie skuilplek.

Geharde struike soos die kruisbessie (Grewia occidentalis), blinkblaar (Rhamnus prinoides), kei-appel (Dovyalis caffra), duinebessie (Rhus crenata) en bietou (Chrysanthe-moides monilifera) het almal sappige vrugte en is omtrent altyd vol voëls.

Plant die struike as heinings en vullers wat deur die tuin herhaal word.

Grondbedekkers en rankplante weef

’n digte mat tussen bome en struike waarin verskeie voëls soos janfrederike en kwikkies sal nesmaak.

Die immergroen wilde wingerd (Rhoicissus tomentosa) is ’n goeie keuse met blomme wat insekte lok en sappige, swart bessies vir die voëls.

Voëls soos die skaam olyflyster, vleiloerie en fisante soek hul kos in die dik deklaag op die grond waar hulle skrop vir insekte, slakke en wurms. In ’n voëlvriendelike tuin word beddings nie gereeld omgespit of skoon gehark nie, maar die organiese deklaag aangevul met blare, takke en selfs skille uit die kombuis wat mettertyd kompos word.

Die belangrikste is om nie gif te gebruik nie en die insekte vir die voëls te los.

’n Verskeidenheid voëls, van vrugte-eters tot inseketers en roofvoëls, sal na jou tuin toe kom as jy moeite doen met die ontwerp en plante kies wat na hul smaak is

Water

Alle voëls hou van skoon drink- en badwater.

Die rand van ’n voëltjiebad en dammetjie moet vlak wees, want die meeste voëls se bene is kort. Twee sentimeter is diep genoeg vir voëls om in te baljaar.

’n Voëltjiebad, visdam of ’n vlei lok verskillende voëls.

Inheemse plante vir voëls

Plant meer inheemse plante in jou tuin!

Besemtrosvy, ’n voëlboom vir ’n groot tuin

Dié majestueuse boom met kos, skadu en skuiling trek ’n verskeidenheid diere soos ’n magneet tuin toe.

Die besemtrosvy Ficus sur staan ook as koeman, grootvy of bosvy bekend. Die boom groei vinnig en maklik en word meer as 12 meter hoog met ’n wye, digte kroon.

Die dik, gryswit stam is glad en die groot, liggroen blare haarloos. Die ronde vye word in die somer in groot trosse aan die stam, hooftakke en selfs die wortels gedra.

Die vye is eetbaar, maar proe nie na veel nie en is gewoonlik vol insekte. Veral vrugtevreters en vlermuise hou van dié vye.

Die besemtrosvy kom natuurlik voor langs riviere in die oostelike en noordelike dele van suidelike Afrika. Plant die boom in ’n natterige deel van die tuin, en ’n ent weg van die huis, want die vye is morsig en die wortels aggressief.

Swartbas

Diospyros whyteana of swartbas, bostolbos of kraaibessie, het al die eienskappe vir die ideale tuinboom: klein, kompak, ornamenteel, gehard, immergroen, groei in vol son of skadu en word
maklik in ’n netjiese heining gesnoei.

In die tuin word die boom of digte struik met blink, donkergroen blare so drie meter hoog. Die roomkleurige blommetjies ruik soet en lok insekte.

Voëls is lief vir die vrugte wat in die somer net op die vroulike bome gedra word. Die ryp, rooi bessies, word deur deur ’n papieragtige ballon toegevou wat die voëls oopskeur om by die vrugte te kom. Die vrugte het ’n bittersoet smaak en het een of meer geel sade wat maklik ontkiem.

Die swartbas kom wydverspreid in die woude en klowe van Suid-Afrika voor, vanaf die Kaapse Skiereiland ooswaarts tot so ver noord as Ethiopië.

Plant die boom waar hy beskut is teen wind en ryp en gee hom in die eerste twee tot drie jaar gereeld water tot hy gevestig is.

Fynblaarrooihout, ’n kleurryke struik vir ’n klein tuin

Ochna serrulata of fynblaarrooihout word omtrent twee meter hoog en breed en is heeljaar mooi.

In die lente is die struik oortrek met massas geel blomme en het klein, blink, immergroen blaartjies wat in die lente pragtig koperpienk is. Die vyf tot ses ronde vruggies verkleur swart wanneer
hulle ryp word. Voëls soos die skaam geelbekbosduif is veral lief vir dié vrugte.

Plant die struik in goeie komposryke grond en gee gereeld water tot hy gevestig is. Jong struike groei wel stadig, maar is gehard wanneer hulle eers gevestig is.

Hulle groei in vol son en skadu wat hulle geskik maak vir dele van die tuin wat sekere tye van die jaar son en skadu kry. Hulle aard ook goed in potte en kan maklik gesnoei word. Die struik is inheems aan die subtropiese ooskus van Suider-Afrika.

Voëls en ons omgewing

Suid-Afrika het ’n ryk voëllewe. Ongelukkig verdwyn die veld namate dorpe en stede groei, en daarom word tuine al belangriker vir voëls.

Elke streek het sy eie voëls en die inheemse plante wat hulle lok. Wanneer nuwe erwe uitgesit word, moet ons probeer om so veel moontlik van die inheemse plante te behou en verkieslik ’n groen strook tussen die erwe los.

Leer ken die voëls in jou omgewing se behoeftes en plant inheemse plante wat deur die jaar kos verskaf en ’n habitat skep waar hulle wil bly.

Voëls kan ook met allerhande lekkernye na ’n voertafel gelok word. Solank hulle nie afhanklik raak nie, is dit ’n goeie manier om die voëls om jou te geniet.

Die papegaaiduif is ’n vrugte-eter en het ’n voorliefde vir wildevye soos Ficus sur en Ficus sycomorus waarin hulle rondklouter en selfs onderstebo hang om die vrugte by te kom.

Lees nog: Waterwys blomme vir die lente

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.