kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Skoon, skoner, wasgoed

Dis Maandagoggend, die winterkoue loer om die hoek en die laaste ding waarvoor jy kans sien, is om op te staan en die enorme wasbalie vol vuil klere te takel. Jy wens ’n feetjie kan haar towerstaffie swaai en dan is alles klaar gedoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hoekom is wasgoedwas so uitmergelend? Dalk omdat jou klere soms nie skoon genoeg uitkom nie, verbleik, vlek, of dalk omdat jou wasmasjien jou gedurig in die steek laat. Hier is ’n paar wenke wat jou dalk net kan help om hierdie huistakie te vergemaklik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kies die regte wasmasjien

Om die regte wasmasjien te kies, kan nogal ’n missie wees. Vrae soos: Watse masjien is die regte grootte? Hoe is die energieverbruik? Is dit goed ontwerp? En Benodig ek ekstra programme? duik gereeld op. Die antwoorde op sulke vrae wissel. Hier is ons weergawe.

Watse grootte masjien het ek nodig?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die gemiddelde kapasiteit van wasmasjiene het die afgelope vyf jaar van 5kg tot 8kg gestyg, maar die koop van ’n masjien wat groot genoeg is om gereeld te gebruik, penaliseer jou op bedryfskoste omdat jy dieselfde hoeveelheid krag vir ’n halfvol masjien gebruik. As jy byvoorbeeld ’n groot gesin het wat meer as een stel klere per dag dra (soos sport-, skool- en werksklere), is dit goedkoper om ’n groter masjien een keer te gebruik as ’n kleiner masjien twee keer.

Onthou om die grootte van die plek waar die masjien moet staan, te meet. As jy ’n beperkte ruimte het, is ’n voorlaaier jou beste opsie. Wees versigtig vir ’n wasmasjien en tuimeldroër ineen – met sommige modelle kan jy net die helfte van jou wasgoed droogmaak.

Hoe is die energieverbruik?

Bolaaiersgebruik water uit jou geiser, terwyl voorlaaiers slegs koue water gebruik en dit dan in die masjien verhit (soos ’n ketel). Bolaaiers is dus jou goedkoper opsie.

Is dit goed ontwerp?

Kyk na die grootte van die deurtjie en hoe maklik/moeilik dit sal wees om groot items (soos badhanddoeke, gordyne en duvets) in en uit te kry. Onthou, plastiekdeure breek makliker as metaaldeure.

Benodig ek ekstras?

Sommige masjiene bied tot 24 verskillende programme aan, maar toetse het getoon dat die meeste mense slegs drie of vier daarvan gebruik. Moenie meer betaal tensy jy regtig al die programme gaan gebruik nie. ’n Handwasprogram is nie ’n luuksheid nie, dit is uiters noodsaaklik. As jy ’n goeie een kry, kan dit selfs satyn en kasjmier hanteer.

Onthou, as jy beplan om ’n tuimeldroër ook te koop, is die lysie waarna jy moet kyk, soortgelyk aan die van ’n wasmasjien.

7 wenke vir die perfekte was

1. Kry jou klere gereed vir die wasmasjien: maak bra’s se bandjies vas sodat die hakies nie aan ander klere haak nie, trek ritssluiters toe en maak broeksakke leeg.

2. Lees die etiket en hou by die aanbevelings!

3. Gebruik jou masjien reg: As jy goeie resultate wil hê, gebruik die korrekte wasprogram.

4. Behandel vlekke vooraf: As jou klere vlekke het, voeg ’n vlekverwyderaar by voordat jy begin was.

5. Gebruik die regte hoeveelheid skoonmaakmiddel: te min sal nie alles skoonmaak nie, maar te veel sal ’n wit vlek op jou klere laat. As jy twyfel oor die regte hoeveelheid, volg die riglyne op die pakkie.

6. Moenie kortpaadjies vat nie: klere wat met die hand gewas moet word, moenie in ’n wasmasjien gewas word nie.

7. Maak jou masjien gereeld skoon: Gooi elke paar maande ’n koppie witwynasyn in die gedeelte waar jy gewoonlik die skoonmaakmiddel gooi en sit dan die leë masjien op 95ºC om dit skoon te maak.

#rooirosewenk

Moenie ’n sagmaakmiddel op alle items gebruik nie. Omdat sulke middels die vesels van materiale bedek, moet dit liefs nie op handdoeke gebruik word nie – dit sal minder absorberend wees. Sulke middels sal egter verseker dat klere makliker gestryk word.

Hoe kies ek die regte wasmiddel?

Daar is 5 soorte wasmiddels om van te kies:

• Biologies (“Bio”): Hierdie is die sterkste wasmiddel. Gebruik dit op wit en ligte kleure, maar nie op swart nie en ook nie as jy ’n sensitiewe vel het nie. Die middel bevat skoonmaak-ensieme wat die wassery teen laer temperature bevorder terwyl dit ook as bleikmiddel dien.

• Nie-biologies (“Non-Bio”): Die meeste ensieme is uit hierdie middel verwyder en is ideaal vir diegene met ’n sensitiewe of jong vel. Die enigste nadeel is dat die resultate nie so goed is soos die van ’n biologiese middel nie (juis omdat die ensieme verwyder is).

• Kleurbehandeling: Hierdie middel bevat ensieme wat vuilheid verwyder, maar die bleikmiddel is uitgelaat. Gebruik dit op helder items om die kleur te behou.

• Kant en wol: Die middel het geen ensieme, bleikbestanddele of verhelderaars nie. Die was is minder effektief maar uiters sag. Dit werk die beste vir delikate klere.

• Ekologies: Hierdie middels bevat nie-sintetiese, plantaardige bestanddele. Die is duurder maar al die bestanddele is bioafbreekbaar.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.