kategorieë: Bekendes

Skryf ‘Free State’ op jou fliekkalender

Free State vertel die liefdesverhaal van Jeanette, die enigste dogter van ’n Afrikaanse predikant in die Vrystaat, en Ravi, ’n aantreklike Indiërman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die verhaal speel hom in die laat jare sewentig af in die skilderagtige voetheuwels van die Drakensberge, en is in en om Memel en Newcastle verfilm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die fliek ondersoek onder meer die rimpeleffek wat die verbode liefdesverhouding op veral die ouers van die jong verliefdes het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die bekroonde regisseur en draaiboekskrywer van onder meer Verraaiers en Musiek vir die Agtergrond, Sallas de Jager, is aan die stuur van ’n briljante rolprentspan en sterbelaaide rolverdeling. Die hoofrolle word vertolk deur ons voormalige supermodel Nicola Breytenbach en Andrew Govender. Ander bekroonde akteurs sluit Deon Lotz (Roepman, Verraaiers), Leleti Khumalo (Sarafina, Yesterday), Rolanda Marais, Paul Eilers, Quintin Krog, Johan Baird en Bobby van Jaarsveld in. Bollywoodster Mangesh Desai en verskeie top Suid-Afrikaanse Indiese akteurs soos Hemali Juta (Homeland, Shucks, Pay Back the Money), Rafiq Jajbhay (Diana, As jy sing) en Keith Gengadoo (Jerusalema, Mr Bones 2) vertolk die rolle van die Indiërkarakters.

’n Ander hoogtepunt waarna jy kan uitsien, is die musiek wat Dawie de Jager gekomponeer en verwerk het. Grammy-wenner Wouter Kellerman en die Europese operaster Stefan Louw is deel van die groep musikante wat eksklusief op die klankbaan gehoor kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Free State word op 27 April 2016 landwyd uitgereik.


Besoek Free State The Movie op Facebook.

Kyk hier na die lokprent:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.