kategorieë: Inspirasie

Skryf jou sorge weg

“Oupa, hoekom skryf jy ’n boek? Hoekom gaan koop jy nie een nie?” het Riaan Cruywagen se kleinseun ewe onskuldig gevra toe Cruywagen aan die vierjarige vertel dat hy besig is om aan sy outobiografie te werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In ons gejaagde lewe is dit ’n vraag wat baie van ons moontlik ook vra: Waarom skryf as daar reeds baie ander is wat dit (dikwels beter as ons), doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die waarde van woorde lê nie noodwendig in hoe hulle op papier staan nie, maar eerder hoe hulle daar beland het. Juis daarom is skryfterapie toenemend ’n populêre keuse onder terapeute vir die behandeling van spanning, trauma en ander geestestoestande.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4 maniere waarop skryfterapie vir jou kan werk:

1) Wees emosioneel betrokke
Om die rol van ma, vrou, kollega en vriendin te speel raak soms veeleisend en meestal is ons geneig om ons emosioneel van situasies te onttrek. ’n Vriendin se woorde maak seer, die trots van ’n kind se sportprestasie of sommer die warm gevoel wanneer jy vir die eerste keer in maande jou winterpantoffels aantrek, bly bloot oppervlakkige waarnemings. Tyd vir stilstaan en nadenke is min, want die volgende taak wag reeds.

Die neerpen van gedagtes dwing ons om in voeling te kom met die warboel emosies waarmee ons daagliks gekonfronteer word. Sodoende kan ons voorkom dat ons onsself onbewustelik vervreem van die werklikheid van ons alledaagse bestaan en die gevoelens wat daarmee gepaardgaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2) Hanteer spanning beter
Hoewel ons daagliks spanning ervaar, wys studies dat vroue dikwels sukkel om die bron daarvan te identifiseer. Die skryfproses help ons om ’n objektiewe blik te kry op situasies en bewus te raak van die faktore wat aanleiding gee tot spanning. Boonop help die skryfproses om op ’n konstruktiewe wyse uiting te gee aan woede en frustrasie wat dikwels met spanning gepaardgaan.

3) Verwerk trauma of verlies
Skryfterapie word vir dekades reeds deur terapeute voorgeskryf om traumatiese ervaringe te verwerk. Om gebeure en emosies te verwoord help trauma-pasiënte om dit as ’n werklikheid te aanvaar en sin te maak van die ervaring. Die grootste voordeel van skryfterapie teenoor tradisionele terapie is dat die skrywer ten volle in beheer is van die proses. Met die herlewingsproses word die emosies oor die gebeure minder sensitief en meer hanteerbaar.

4) Neem beter besluite
Die skryfproses help ons om onsself beter ken en dan kan ons volkome eerlik wees oor ons gevoelens, perspektiewe en begeertes – iets wat dikwels moeilik is om teenoor ander te erken, veral wanneer die emosies nie aanvaarbaar is binne die konteks van die samelewing of sosiale kringe waarin ons beweeg nie. Op papier is dit makliker om ons ware identiteit te verken. Die groter selfbewustheid wat daarmee gepaard gaan, help ons om lewensbesluite te neem wat by ons unieke lewensideale pas en uiteindelik tot selfvervulling lei.

Daar lê vir elkeen ’n ander ervaring in die skryfproses opgesluit. Die meeste terapeute beskou skryf as een van die doeltreffendste maniere om die uitdagings van die moderne leefstyl te hanteer.

Random House Struik bied ’n deeltydse, kort internetkursus in die skryf van niefiksie aan. Deelnemers skryf ’n biografie, outobiografie, memoires, reisverhaal of geskiedkundige kortverhaal onder leiding van die bekende skrywer Mike Nicol. Klik op die volgende skakel vir meer inligting:

www.getsmarter.co.za/getsmarter-course-portfolio

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.