kategorieë: KosSomerkos

Slaai met bokmelkkaas, parmaham, mielies & bessies

Genoeg vir 6.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bokmelkkaasrolletjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 5 ml (1 t) heuning
  • 30 ml (2 e) pistasieneute, gekap
  • 30 ml (2 e) sesamsaad
  • 30 ml (2 e) sonneblomsaad, gekap
  • 30 ml (2 e) hennepsaad
  • sout en swartpeper
  • 200 g bokmelkkaas

  1. Verhit die olyfolie oor matige hitte. Braai die heuning, pistasieneute, sesam-, sonneblom- en hennepsaad vir 2-5 min. daarin, of tot liggies gerooster.
  2. Geur en laat afkoel.
  3. Rol die bokmelkkaas in klein balletjies. Sit die saadmengsel in ’n bakkie en rol die balletjies daarin tot hulle heeltemal bedek is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Mielieslaaisous

  • Verhit 15 ml (1 e) olyfolie in ’n pan oor matige hitte. Braai ’n klein gesnyde uitjie daarin tot sag. Voeg die pitte van 1 soetmielie by en braai vir nog 1-2 min. Trek van die hitte af en voeg 80 ml (⅓ k) olyfolie, 30 ml (2 e) witwynasyn, 10 ml (2 t) heuning en 5 ml (1 t) korrelmosterd by. Meng goed en geur met sout.

Slaai

  • 1 spanspek, geskil en in agtstes gesny
  • 100 g parmahamlappies
  • 100 g basiliekruid
  • 100 g kruisement
  • 100 g slaaiblare
  • 250 g frambose
  • 250 g swartbessies

  1. Draai ’n lappie parmaham om elke spanspekskyf.
  2. Meng die basiliekruid, kruisement, slaaiblare, frambose, swartbessies, bokmelkrolletjies en mielieslaaisous saam op ’n mooi opdienbord.
  3. Sit die spanspekskywe bo-op en sit voor.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.