kategorieë: GebakKos

Makadamiaskywe

Genoeg vir 24

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

200 g (1 1/3 k) meel
40 g (¼ k) versiersuiker
120 g (sowat ’n kwart blok) koue botter, in blokkies gesny
1 eiergeel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bolaag
125 g (’n kwart blok) botter, in blokkies gesny
65 g (¹⁄³k) bruinsuiker
100 ml heuning
250 g (1 ²⁄³ k) makadamia-neute

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n vlak, vierkantige 23 cm-pan met kleefwerende kossproei.
1 Verwerk die meel, versiersuiker en botter in ’n voedselverwerker tot dit soos fyn broodkrummels lyk. Voeg die eiergeel by en meng tot die mengsel net bymekaarkom. As dit ’n klein eiergeel is, sal jy dalk nog ’n bietjie moet byvoeg.
2 Bring die deeg bymekaar en druk effens platter. Bedek met kleefplastiek en sit vir minstens 30 min. in die yskas.
3 Rol die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit – omtrent so groot soos die pan – en druk liggies in die pan vas. Sny die deeg wat oorhang met ’n skerp mes af. Voer die pan met bak- of waspapier uit en vul met boontjies of rys en bak vir 15 min. Haal uit, verwyder die papier en boontjies en bak vir nog 5 min.
4 Bolaag: Meng intussen die botter, bruinsuiker en heuning in ’n klein kastrol. Roer tot die suiker opgelos is. Verhoog die temperatuur en laat vir 4-5 min. prut. Voeg die neute by en meng goed.
5 Gooi die neut-mengsel oor die deeg en bak vir nog 12-15 min. of tot goudbruin. Laat in die pan afkoel en sny in ewe groot blokke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.