kategorieë: Leef gesondGesondheid

10 goed wat jy kan doen om slegte gewoontes hok te slaan

10 goed wat jy kan doen om slegte gewoontes hok te slaan deur Anet Schoeman. Hooffoto: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die meeste van ons het een of ander slegte gewoonte. Dalk is soetigheid jou swak, of miskien rook … Watookal die gewoonte is, jy kan dit verander!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hier is 10 goed wat jy vandag nog kan begin doen

1 Slaap genoeg en kry maniere om jou stres te hanteer

Navorsers sê ons kan nie versoekings weerstaan wanneer ons moeg of gestres is nie. Probeer daarom genoeg slaap en kry maniere om stres te hanteer.

Lees ook: Kry stres jou onder?

2 Byt vas – vir lank genoeg

Moenie te gou moed verloor nie. Volgens studiebevindings neem dit gemiddeld 66 dae om ’n gewoonte te verander.

3 Jy moet dit wil doen

Neem jou vas voor dat jy die gewoonte gaan breek. Jy gaan nie ophou rook of soetgoed eet omdat iemand anders jou voorsê nie. Maak seker jý wil dit doen.

4 Wees spesifiek oor wat jy wil regkry

Dis belangrik om spesifiek te wees oor watter gewoonte jy wil breek of skep. Dis te vaag om te sê jy wil meer oefen. Besluit vooraf dat jy elke dag twee keer vir 10 minute wil gaan stap en dit elke week wil opstoot.

5 Weet wat jou snellers is

Herken die snellers vir jou slegte gewoontes. As jy ’n roker is, is dit miskien ’n koppie koffie wat jou sneller. Soetgoed is dalk jou kruk as jy verveeld of eensaam is. Maak seker jy verstaan wat die bal aan die rol sit.

6 Breek die patroon van jou gewoonte

Drink tee as koffie jou lus maak vir rook. Pak jou oefenskoene in kantoor toe en stap twee keer per dag om die gebou as jy weet dat jy sukkel om by die gim uit te kom.

7 ’n Plan B is ’n moet

As jy minder wil drink, bestel ’n “mocktail” en maak seker daar is geen alkohol in jou huis nie. Hou werksgesellighede na-ure so kort moontlik.

8 Hou moed!

Wees geduldig en begin geleidelik met klein uitdagings.

9 Onthou hoekom jy hierdie gewoonte wil breek

Herinner jou gedurig daaraan hoekom jy dit doen. As jy fikser is, gaan jy saam met jou kinders pret kan hê. As jy ophou rook, is jou kanse groter om jou kleinkinders te ontmoet.

10 Kry professionele hulp

Kry professionele hulp soos ’n afrigter, medikasie om op te hou rook, of ’n terapeut om vas te stel wat jou gewoontes dryf.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.