kategorieë: Leef gesondGesondheid

Slaap en menopouse: 9 wenke wat jou aan die slaap sal sus

Slaap en menopouse. Deur Anet Schoeman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Versteurde slaappatrone beïnvloed ongeveer 61% van vroue in hul menopouse, so jy is nie alleen nie. Daar is verskeie teorieë en dit is waarskynlik hormoonverwant, maar niemand is werklik seker wat dit veroorsaak nie. Tog is daar goeie nuus: slaapkenners sê dat indien jy goeie slaapgewoontes aanleer, hierdie moeilike fase nie langer as 12 – 14 maande behoort te duur nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

9 wenke wat jou aan die slaap sal sus

1. Hou by gereelde slaaptye

Probeer om elke aand dieselfde tyd in die bed te klim en elke oggend dieselfde tyd op te staan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Help, ek kan nie slaap nie!

2. Hou die kamer koel

Jy slaap beter as jy effens koeler is. En enige vrou in haar menopouse sal jou vertel van die ander ‘bonus’: warm gloede in die nag. Nes jy behaaglik onder die knus duvet inkruip, bekruip die Warm Gloed jou. ’n Vriendin vertel hoe haar man haar gevra het om eenkant toe te skuif want, “jy brand my …” Hier kan ’n waaier wondere verrig.

3. Dra koel nagklere van natuurlike vesels

As jy al in ’n poel sweet en sopnat nagklere wakker geword het, weet jy hoe goor dit is. Katoen absorbeer sweet en hou jou koeler as sintetiese vesel. Hou maar ’n stel droë nagklere langs jou bed, want in die winter is dit onaangenaam om koud én nat te wees.

4. Jy is wakker. Wat nou?

As jy niemand met die bedlampie gaan steur nie, kan jy ’n boek lees tot jy weer vaak voel. Staan andersins op en gaan lees iewers anders. Maak net seker dit is nie ’n speurverhaal wat jou heeltemal wakker sal hou nie.

5. Leer om af te skakel voor jy bed toe gaan

As jy oor baie goed bekommerd (of selfs opgewonde) is, is dit moeilik om jou bein rustig te kry. Die chemiese prosesse wat jou gemoedstoestand bepaal, is dieselfde as wat jou slaappatrone reguleer. Kry dus ontspannende stokperdjies of ’n aktiwiteit wat jou gedagtes aflei. Heelwat mense vertel hoe hulle beter slaap as hulle saans voor bedtyd inkleur.

Lees ook: Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

6. Oefening laat jou beter slaap

As jy fisiek uitgeput is, slaap jy beter. Oppas net vir laatmiddagoefening wat baie intens is. Iets soos ’n hoë intensiteit-intervalsessie kan jou slaappatrone versteur. As jy vind dat oefening jou stimuleer, probeer om dit vroeër te doen, of hou jou minder intense uithousessies vir laatmiddag en die meer intense sessies vir soggens.

Lees ook: Oefen slimmer!

7. Kan ek slaap inhaal?

Dis helaas nooit ’n goeie oplossing nie. As jy op ’n Sondagoggend laat slaap, is jy weer teen slaaptyd nie vaak nie en so hou die bose kringloop aan.

8. Medikasie

Medikasie help in akute gevalle, maar oor langer tydperke raak jou liggaam gewoond daaraan en werk dit nie meer so effektief nie.

9. Wat van ’n middagslapie?

Dis nie altyd ideaal nie, maar as jy ’n vinnige uiltjie knip wat 10-20 minute duur, kan dit jou verfris sonder om jou aand se slaap te affekteer.

Lees ook: Wat elke vrou oor hartsiekte moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

11 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.