kategorieë: Leef gesondGesondheid

8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Daar is nie ’n natuurwet wat bepaal dat jou brein moet agteruit gaan soos jy verouder nie. Eintlik is die teenoorgestelde waar, want ons weet nou dat jou brein op enige ouderdom nuwe sinapse kan bou. Dit beteken jou brein kan steeds nuwe feite inneem en nuwe vaardighede aanleer. Met net ’n bietjie breinoefeninge kan jy selfs meer as vantovore weet – of ten minste jou breinvermoëns behou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is ook nooit te laat om met breinoefeninge te begin nie, wys die Finse FINGER-ondersoek waarvoor 1 260 Finne tussen 60 en 77 wat ’n groot kans op demensie gehad het, vir twee jaar op ’n program van breinoefening, fiksheid en gereelde sosiale kontak geplaas is om te kyk of dit hul breingesondheid kon verbeter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit het gewerk! Die groepe wat breinoefening gekry het, het 25% beter gevaar ten opsigte van breinfunksie as die kontrolegroep. Hul vermoë om ’n taak te beplan en uit te voer het met 85% verbeter en hulle kon nuwe inligting 150% vinniger verwerk teenoor dié wat nie aan breinstimulasie blootgestel is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons gewone mense is selde deel van ’n navorsingsprojek – ons moet self sorg vir ons daaglikse breinoefeninge. Anders as op skool hoef jy nie te presteer nie. Die punt is dat die aktiwiteite wat jou brein stimuleer vir jou lekker ook moet wees. Hier is ons gunstelinge:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nuwighede is uitstekende breinoefening

1 Doen ’n kookklas

Enige nuwe vaardigheid dwing jou brein om nuwe inligting vas te lê. Hoe meer jy jou brein stimuleer, hoe ‘fikser’ word hy – en hoe makliker raak dit vir jou.

Was jy nog nooit op Twitter nie? Het jy al Game of Thrones gespeel? Wou jy nog altyd ’n bonsai-boompie kweek? Ken jy al die funksies op jou slimfoon? In plaas van spog-sê dat jy min gepla is oor nuwe tegnologie, sien dit as ’n geleentheid om jou brein te stimuleer. Jy gaan jouself verras met wat jy kán regkry.

2 Sport is ook goeie breinoefening

Sport stimuleer nie net jou spiere nie. Die meeste oefening verg interpretasie, beplanning, strategie en reaksie. Dit sal ook jou oog-hand-voet koördinasie verbeter.Jy hoef nie te wen of te voldoen aan een of ander spoed nie. Die vaardighede alleen is al genoeg om jou brein ’n hupstoot te gee. Dink aan joga, branderbordry, perdry, rolbal, skyfskiet, of selfs vreemde sporte soos curling. Enigiets wat jy nog altyd wou probeer en geniet …

3 Nuwighede oefen jou brein om nuwe inligting te verwerk

Het jy al opgelet hoe opwindend ’n nuwe omgewing, nuwe aktiwiteite of nuwe kennisse is? Jou brein floreer op nuwighede. Dink gereeld aan hoe jy jou brein kan opkikker.

Stap jy elke dag dieselfde roete? Haal dubbele waarde uit jou oefening deur jou roete gereeld te verander. Gaan kyk na ’n nuwe toneelstuk. Moenie altyd na dieselfde TV-programme kyk nie. Luister na ’n nuwe kunstenaar. Maak jy groenboontjies gaar soos jou ma? Daar is niks mee fout nie, maar probeer dit ’n slag doen soos die Franse of die Hollanders.

Werk aan ou vaardighede

4 Doen jou Sudoku en blokkiesraaisels

Sudoku oefen jou brein om fyn op te let, verwantskappe raak te sien en logiese afleidings te maak. Blokkiesraaisels maak staat op jou geheue en dwing jou om leidrade op te volg.

5 Somme gee jou brein oefening

In plaas daarvan om jou selfoon se rekenaar uit te pluk, doen self die sommetjie. As jy kruideniersware koop, tel op soos die kassier elke item lui. As jy by ’n rooi robot wag, maak ’n optelsom, maalsom of aftreksom van die syfers van die motors se registrasienommers.

6 Oefen jou geheue en jou brein se vermoë om feite op te roep

Kyk na ’n dokumentêre program en bepaal agterna hoeveel feite jy kan herhaal. Kan jy na afloop van die nuus die hooftrekke onthou? Ons is al so gewoond daaraan om te hoor sonder om in te neem – en dan wonder ons waarom ons vergeet. Vaslegging deur ’n feit ’n paar keer te herhaal, is die basis van ’n goeie geheue.

7 Teken ’n kaart

Wanneer jy van ’n nuwe omgewing terugkeer, sit ’n oomblik en teken ’n kaart van jou roete soontoe en terug. Jy kan dit werklik op papier teken of net in jou gedagtes doen. Roep al die landmerke, straatname en robotte op wat jy kan.

8 Of speel kaart … en lag

Enige van die bordspeletjies, van rummy en skaak tot brug, is goeie breinoefening. Dit het ’n verdere voordeel: dis sosiale aktiwiteite wat emosionele interaksie verg, en jou brein op nog ’n vlak stimuleer. Jy sal onder meer emosies lees, begrip aan die dag moet lê en moet reageer deur te onderhandel en jouself te handhaaf.

Nog ’n bonus: julle gaan saam lag, wat die vlak van serotonien (jou goedvoel-hormoon) goed opstoot. Gebruik sommer ook die tyd om jou vermoëns te slyp om ’n storie te vertel of ’n interessante gebeurtenis te bespreek, nog ’n goeie oefening vir jou breinfunksie.

Lees ook

Het iemand na aan jou demensie? Probeer hierdie tegniek om beter te kommunikeer.

Haal die beste uit jou brein

Sosiale intelligensie is net so belangrik soos IK. Help maak jou kind sosiaal slim bedraad

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.