kategorieë: Ons menseBekendes

SA se Kgothatso Montjane maak geskiedenis en verower titel by Franse Ope

Deur Savannah Douglas. Hooffoto: Getty Images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kgothatso het tussen 2019 en 2023 na ses dubbelspel-eindstryde by die Grand Slam-toernooie deurgedring. Hierdie jaar het op ’n langverwagte en welverdiende oorwinning uitgeloop, met die Paralimpiese speler wat uiteindelik as Grand Slam-kampioen gekroon is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kgothatso is saam met haar medespeler Yui Kamiji van Japan gekroon toe hulle Diede de Groot en Maria Florencia Moreno met 6-3, 6-2 in die dubbelspeleindstryd verslaan het.

Kgothatso en Yui het verlede jaar die eindronde gehaal, maar is deur die Nederlandse paar Diede de Groot en Aniek van Koot, ’n vyfmalige kampioen, verslaan. Kgothatso en Yui het albei vanjaar met mening teruggekom en hul titels in die dubbelspel verseker.

Kgothatso het nie net uiteindelik haar dubbelspelkampioentitel verower nie, maar sy het ook geskiedenis gemaak as die eerste Suid-Afrikaanse vroulike tennisspeler wat sedert 1981 by die Franse Ope gewen het. Haar voorganger is Rosalyn Fairbank wat die vroue-dubbelspeltitel in ’n wedstryd teen die Amerikaner Candy Reynolds gewen het.

Volgens News24 was dit ’n “vyfde keer gelukkig” vir die agste gekeurde wêreldspeler Kgothatso Montjane, wat voorheen vier naaswenner Grand Slam-dubbelspelmedaljes ingepalm het. Montjane sê: “Dit is so ’n wonderlike gevoel en oomblik vir my.”

“Ek is baie bly dat ek my eerste Grand Slam kon wen, al is dit vir dubbelspel.”

“Dit was ’n oomblik wat die moeite werd was om voor te leef. Ek was gelukkig om enkelspel en dubbelspel te speel en dus is dit ’n opwindende tyd vir my en ek sal aanhou veg vir die enkelspeltitel waarvoor ek gewag het.”

Nog ’n groot oorwinning vir Suid-Afrika was toe die Paralimpiese tennisspeler Donald Ramphadi saam met sy Britse dubbelspelmaat Andy Lapthorne die gekeurde paar Heath Davidson van Australië en Robert Shaw van Kanada met ’n 1-6, 6-2, 10-3 geklop het en so die Quads-dubbelspeltitel verower het.

Donald haal ook die geskiedenisboeke as die eerste manlike Suid-Afrikaner (in ’n rolstoel) om ’n Franse Ope-titel te wen sedert Johan Kriek dié titel in 1981 verower het.

Ons is verstom oor al die ongelooflike prestasies wat SA atlete behaal. Viva SA!

Lees ook: Gerda Steyn en Tete Dijana stel nuwe rekords by die Comrades op

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

22 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

4 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.