kategorieë: DieetGesondheid

Is eiers, botter en klapperolie net vir Banters?

Eiers

• Koel of gesond? Álbei. Eet elke dag ’n eier saam met daardie appel en laat die dokter wag.
• Hoekom? Eiers kry Banting-volpunte omdat dit geen koolhidrate bevat nie, maar genoeg vet om jou ’n hele paar uur lank versadig te hou. Boonop bevat eiers minder kilojoules as ’n sny brood. Verder, as dit by proteïengehalte kom, is eiers bo-aan die lys (bo enige soort rooivleis, die peulproteïen en neute, hoender en selfs vis.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die rede? Eiers bevat al nege van die noodsaaklike aminosure wat ons nodig het om ons eie proteïen te maak, sê ADSA-dieetkundige Maryke Gallagher.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Daarby is eierproteïen baie meer biobeskikbaar as plantproteïen, wat beteken dat jou liggaam al die aminosure in eiers kan opneem terwyl spesifieke antivoedingstowwe in peulplante keer dat jy hul aminosure opneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Boonop kom al die vitamiene daarin voor: eiers is ’n uitstekende bron van ’n rits voedingstowwe soos:

  • vitamien A, wat jou immuunstelsel opbou
  • die helfte van jou dag se vitamien B12 en B2 en minstens 20% van al jou ander B-vitamiene
  • vitamien E as jou bron van anti-oksidante
  • vitamien D (insluitend D2 en D3) saam met kalsium en magnesium vir jou skelet
  • 60% van die cholien wat jy nodig het om jou selmembrane gesond te hou
  • seaxantin vir jou oë, asook folaat, sink, selenium en yster

“Daar is selfs supervoedsame eiers: die omega 3-verrykte eiers. As jy nie een keer per week vis eet nie, is eiers ’n uitstekende alternatief.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Botter en room

• Koel of gesond? Beslis koel. Gesond vir sommige mense, maar nie vir ander nie. Almal moet min gebruik.
• Hoekom? Geen kalsium kan in jou bene ingebou word sonder vitamien K2 nie – en botter is propvol daarvan. Dit bevat ook vitamien A, E en K.

Maar wat van jou cholesterol?

Die Kosrevolusie se span gee toe dat botter wel by party mense cholesterol laat klim. Maar jy kry soveel ander en beskermende voordele daaruit, sê hulle, soos dat dit jou brein voed en jou teen kanker beskerm. Beroertes kom ook minder in lande soos Denemarke voor waar mense volroommelk gebruik.

Berna Harmse, ADSA-dieetkundige van Kaapstad, sê daar is niks fout met ’n teelepeltjie botter af en toe nie. Maar botter is nie gesond vir mense met ’n familie-geskiedenis van cholesterol nie omdat dit hul LDL- en totale cholesterol verhoog.

“Ons dieetkundiges is steeds oortuig daarvan dat sagte smere en olies gesonder as botter is. As jy wel botter gebruik, koop ongesoute botter. Botter bevat baie sout, wat nadelig vir jou bloeddruk is.”

Die Kosrevolusie-mense is botter- en roomvoorstanders maar prof. Tim Noakes sê mense moet net eet tot hulle versadig is – waarmee hy sê dat jy nié botter en room by die kilogram kan eet nie.

Klapperolie

• Koel of gesond? Noakes sê ja. Dieetkundiges sê nee, en jy moet min gebruik. Noakes sê jy moet jou nie vergryp nie.
• Hoekom? Die kwessie wentel om klapperolie se spesifieke samestelling van lang- en mediumketting-vetsure. Soos dierevette bestaan klapperolie hoofsaaklik uit versadigde vetsure – 90%, teenoor botter se 64%. Maar anders as dierevette en die meeste plantolies is die meeste hiervan mediumketting-vetsure.

Volgens die pro-klapperoliegroepe, soos dr. Joseph Mercola, is die mediumketting-vette (en dus klapperolie) spesifiek gesond omdat ons hulle maklik verbrand. Maar ons sukkel om lang-ketting-vetsure (soos in ander vette) af te breek. Hulle sirkuleer dus lank in jou bloed waar hulle skade aan jou are aanrig én makliker as vet gestoor word. Die implikasie is dat klapperolie nie kans kry om jou aarwande te beskadig nie en ook nie maklik as vetjies op jou lyf kom plak nie.

Daarby is dit bekend dat versadigde vette soos klapperolie en dierevette LDL-vlakke verhoog, maar klapperolie verhoog ook die vlakke van jou goeie HDL-cholesterol. Dit kanselleer dus die risiko van hoër LDL-vlakke.

Is daar bewyse hiervoor?

Die klapperolie-voorstanders wys daarop dat mense van die Pasifiese kom, wat hoofsaaklik klapper- en palmvrugolie gebruik, byna nie hartsiektes kry nie.

Om sake verder te kompliseer: klapperolie is ryk aan drie besondere vetsure: lauriensuur, kapreïesuur en kaprilliese suur (lauric acid, capric and caprylic acid). Nog nie van hulle gehoor nie? Ons ook nie, maar navorsing wys dat hulle antibioties is en potensieel van mondbakterieë tot kandida, voedselbederfkieme en selfs die maagseerbakterie Helico pylori onderdruk.

Dit is juis die redenasie agter die agter die herlewing van die ou Ayurvediese tegniek van “oil pulling” waar jy ’n lepel klapperolie vir ’n paar minute in jou mond spoel.

Wat is die ander kant van die klapperstorie?

Maryke sê daar is nog nie genoeg navorsing om te wys dat die mediumketting-vetsure in klapperolie voordelig is nie. Klapperolie bevat slegs 10% – 15 % van die sogenaamde voordelige kapreïesuur en kaprilliese suur; terwyl dit hoofsaaklik lauriensuur bevat wat volgens navorsingresultate LDL-cholesterol verhoog.

“Klapperolie se vetsuursamestelling is byna die teenoorgestelde van olies soos kanola, avokado en olyf. In hierdie stadium het ons werklik nie bewyse dat klapperolie gesonder is nie, terwyl ons goeie navorsing het wat wys dat olyfolie hart- en kanker-risiko’s verlaag. Totdat geloofwaardige navorsing die teendeel bewys, is plantolies van olywe, kanola en avokado’s beter opsies as klapperolie.

“Wat klapperolie se anti-bakteriële werking betref, is daar wel bewyse dat dit mondbakterieë kan teëwerk. Wat ons wel weet, is dat álle olies geweldig baie kilojoules bevat en jou maklik vet maak. Selfs die Noakes-dieet impliseer nie dat jy kilogramme vette eet nie.”

Wat van Goji-bessies?

• Koel of gesond? Nie Banting-vriendelik nie en gevolglik nie koel nie. Niks gesonder as ander vars produkte nie.
• Hoekom nie? Volgens Orac Values, ’n webwerf wat voedsel volgens hul anti-oksidantwaardes indekseer, soos bepaal uit eweknie-navorsing, het ’n hele rits ander doodgewone kosse nog meer antioksidante as dié Chinese bessie. Van neute tot swartbessies, bloubessies, aarbeie, kakao, pruimedante, pruime, dadels, rosyne, appels, pere en appelkose is ryker bronne. So ook pietersielie, basiliekruid, orego en roosmaryn. Daar is min fout met goji’s maar hulle is nie eens ’n bietjie beter as ons eie vars produkte nie.

Wat van Chia-saad?

• Koel of gesond? Beslis koel maar niks gesonder as vlas-saad nie.
• Hoekom nie? Chia-saad word vir hul gesonde plantolies en proteïen bemark, tog bevat vlassaad volgens die USDA meer proteïen (18 g teenoor 16 g – voedselont-ledingstabelle) en meer plantolies (42 g teenoor 30 g) as chia-saad. Chia-saad is goed maar vlassaad is ewe goed.

Lees ook: Hoekom jy vyf eiers per week moet eet

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.