kategorieë: Jou lewe

Slegte gewoontes? Jy kan verander

Verandering kan skielik of geleidelik plaasvind. Met skielike verandering soos dood, verlies aan inkomste, ’n gebroke verhouding, ernstige siekte, hartaanval of kanker het jy gewoonlik nie ’n keuse nie, jy word geforseer om dit te hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Geleidelike verandering bied meer uitdagings. Dit vereis ’n keuse om pro-aktief op te tree terwyl jy in jou gemaksone is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die keuse om jou eetgewoontes te verander as jy oorgewig is of om te begin oefen omdat jy onfiks is of om weg te breek uit ’n slegte verhouding, is baie moeilike veranderinge om te hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons leef in ’n samelewing waar “aanspreeklikheid” vir ons dade nie meer saak maak nie en ons die skuld maklik na ander verskuif.

Ons het dieselfde houding in ander aspekte van ons lewens. As ons oorgewig is, pak ons die skuld op die media, voedselvervaardigers of ’n gebrek aan tyd vir oefenprogramme of voorbereiding van gesonde kos.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Om verandering aan te pak, het jy ’n bestuur-strategie nodig.

• Vra jouself wat die gevolge sal wees as jy nie verander nie? Wat is die langtermyn gevolge as jy nie jou liggaam en gees oppas nie? Kan jy saamleef met die gevolge?

• Ons is wat ons doen. Die meeste van ons sukkel om ons gewoontes te verander, veral as ons plesiere en gemak van onsself moet wegneem en die veranderingsproses maande kan duur. Om gewoontes te breek, vereis beplanning en streng persoonlike dissipline.

• Ons gesindheid bepaal ons optrede. Optrede lei tot uitkoms, dus ’n positiewe houding = positiewe optrede = positiewe uitkoms (sukses). ’n Negatiewe houding = negatiewe optrede = negatiewe uitkoms (mislukking).

• Sal die veranderinge wat jy maak jou behoeftes vervul? Indien nie, is die kanse skraal dat jy sal verander, byvoorbeeld: sal gesond eet jou behoefte vervul om meer energie te hê?

• Sonder doelwitte, ons het geen koers nie en ons sal nie oorgaan tot aksie nie.

• Voel jy bemagtig genoeg om die nuwe uitdaging te aanvaar? Het jy genoeg skietgoed in jou arsenaal om verandering aan te pak?

• Dit is hier waar dit belangrik raak om jouself behoorlik te bemagtig: op geestelike, fisieke, emosionele en geestelik vlak om te keer dat jy in jou ou patrone terugval.

• Skryf jou doelwitte neer. Moenie verval in die gewoonte om middelmatige prestasie te regverdig of die skuld te pak op emosies, die weer of die ekonomie nie.

Aanspreeklikheid is ’n belangrike deel van die aanpak van verandering. Die meeste mense assosieer aanspreeklikheid met die gevolge om die verantwoordelikheid te neem of eienaarskap van jou gedagtes, aksies en resultate. Niemand anders kan die verantwoordelikheid by jou oorneem nie. Net jy weet of jy jou doelwitte gaan bereik.

Bron: Steve Mululu: Dream Body Fitness

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.