kategorieë: Leef gesondGesondheid

Slim planne met kringe om jou oë

Die vel om jou oë is besonder broos en bevat ’n digte netwerk van ragfyn bloedvaatjies. Soos jou oë die spieël van jou siel is, is die vel om jou oë die spieël van jou liggaam. Hulle het iets te vertel. Party probleme (en plooie) kan selfs binne twaalf uur uitgestryk word, vertel ons twee dokters, Erika Coertzen en Nardus le Grange.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Probleem: Blou kringe

• Jy het meer oppervlakaartjies as ander mense

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is baie waarskynlik as jy konstant blou kringe om die oë het. Vra ’n kosmetiese chirurg om die aartjies te verwyder vir ’n langertermynoplossing. ’n Vuller kan ook help. Al hou dit net 6 – 18 maande, vul dit ook ingesonke oë op.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Jy het ’n allergie

Hierdie algemeenste soort blouheid is gewoonlik erger as jy meer kontak met die oorsaak van jou allergie het. Laat jou toets vir allergieë sodat jy jou allergeen kan vermy. Of gebruik ’n antihistamien as vermyding onmoontlik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Jy het ysterarmoede

Kyk na die slymvliese van jou oë en mond. Hoe bleker, hoe groter is die kans dat jy ysterarmoedig is. Neem ’n ysteraanvulling.

• Jy het sistemiese candida

Dit word deesdae in selfs mediese kringe aanvaar dat jou gesondheid in jou dermkanaal begin, met ’n gesonde balans tussen die mikroflora in jou dermkanaal. Sny suiker, wit stysels, soet vrugte en alles met gis vir ’n paar weke uit om jou dermflorabalans die beste moontlik te maak, en kyk of die blou kringe verdwyn.

• Jy het jou ooreis

Al is jy eintlik onfiks, het jy sowaar vir ’n 10 km pretdraf ingeskryf én klaargemaak. Mooi so! Maar as jy jou hart ooreis het, gaan pofferige sakkies en blou kringe om jou oë uitsak. Dit verdwyn ná ’n paar dae vanself. Drink genoeg water, en rus. En werk ’n oefenplan uit wat beter vir jou werk.

• Jou bloedsomloop is swak

As jy bo veertig is, moet jou dokter jou bloeddruk en hartgesondheid ondersoek.

• Jou vel is gepigmenteer

Party van ons is gebore met meer donker pigment in die vel om ons oë. Dit is onomkeerbaar maar jy kan dit reg toor met ’n kosmetiese bedekker.

Lees ook: Ooggrimering vir vroue met kontaklense

Lees ook: Beklemtoon die kleur van jou oë

Probleem: Sakkies

• Jy het vet onder jou oë

Nie net vet mense ontwikkel vetsakkies nie. Jou oogballe is gekussing in ’n vetlaag. By party mense “lek” hierdie vet uit en vorm ’n sakkie onder jou oë waar die kollageen- en elastienstruktuur van die vel losser is. Dit kan net met plastiese chirurgie verwyder word.

• Jy het ptose

Namate ons verouder, verrek die ligamente in ons ooglidspiere sodat hulle oor jou oog bly hang en jou verhinder om lekker te sien, veral as jy moet opkyk. Dit moet chirurgies reggestel word. Mediese fondse betaal daarvoor, as jy dit kan motiveer.

• Jy het baie sout geëet

Die gedeelte om jou oë is baie sensitief vir waterterughouding. As jy soutryke soesji, soja en soortgelyke kosse eet, kan jy die volgende dag sakkies verwag. Dit klaar vanself op, en drink water om die sout te help uitspoel.

• Jou hart is aangetas

As jou oë pofferig is, jou voete swel en jy boonop altyd moeg is, kan dit aandui dat jou bloedsomloopstelsel op een of ander manier aangetas is. Gaan vir ’n behoorlike hartondersoek.

Lees ook: WEN ‘n Hello Sunday-geskenkpak van Clicks, ter waarde van R2 000!

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.