• 500 ml (2 k) koekmeel
• 80 ml (1⁄3 k) kakao
• 3 ml (½ t) bakpoeier
• knypie sout
• 250 ml (1 k) sagte botter
• 125 ml (½ k) suiker
• 1 eier
• 5 ml (1 t) vanieljegeursel
• 150 g (1½ blok) donkersjokolade, fyn gekap
• 125 ml (½ k) gevlokte amandels, fyn gekap
• Versiersuiker om oor te strooi
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met silikoon- of bakpapier uit.
1 Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak.
2 Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eier en vanielje by en meng goed.
3 Meng die meel by die eiermengsel. Meng dan die sjokolade en amandels by. Bedek die deeg met kleefplastiek en sit vir 30 min. in die yskas.
4 Rol die deeg in eetlepelgrootte balletjies en pak 1 cm uit mekaar op die bakplaat. Druk effens platter en sif versiersuiker oor.
5 Bak vir 10-12 min. tot gaar en die bokante effens kraak. Draai die bakplaat ná 6 min. sodat die koekies eweredig bak. Laat eers effens afkoel op die bakplaat en tel dan op afkoelrakkies oor. Laat heeltemal afkoel.
6 Sif weer versiersuiker oor.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.