Genoeg vir 6 as bygereg.
Bestanddele
- 5 groot patats, skoongeskrop en in 1 cm ringe gesny<
- sout
- 60 ml (¼ k) oregoblare, gekap
- 60 ml (¼ k) basiliekruidblare, gekap
- 60 ml (¼ k) tiemieblare, gekap
- 30 ml (2 e) olyfolie
- sout en gemaalde swartpeper
- 4 knoffelhuisies, gekneus
- 2 x 750 g tamatie-passata
- 250 ml (1 k) parmesaan, fyn gerasper
- >560 g (2 rolletjies) mozzarella, gesny
- 30 ml (2 e) olyfolie
- hand vol pietersielie, gekap
Metode
- Voorverhit die oond tot 190 °C.
- Pak die skywe in ’n enkellaag op die bereide bakplate. Gooi die kruie en olyfolie oor. Geur na smaak.
- Sit die knoffel by en bak vir 20 min. Tot goudbruin en gaar. Laat effens afkoel.
- Pak 1⁄3 van die patats in ’n 3 liter- oondvaste bak en gooi 1⁄3 van die passata oor. Strooi 1⁄3 van die parmesaan oor en pak dan ’n lagie mozzarella. Herhaal die lae nog twee keer. (Eindig met mozzarella.)
- Bak vir 20 min. Sprinkel ’n bietjie olie oor en bak vir nog 20 min. Of tot goudbruin en gaar.
- Bedek met bakpapier of foelie indien die patats te vinnig bruin word.
- Laat eenkant afkoel vir 8-10 min. en sny dan in blokke. Strooi die pietersielie oor en bedien.
