kategorieë: Kos

Spaanse frikkadelle met Romesco-doopsous

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

•  2 x 400 g-blikke kekerertjies, gedreineer
• 3 knoffelhuisies, fyn gekap
• 15 ml (1 e) fyn gerasperde suurlemoenskil
• 10 ml (2 t) elk gemaalde koljander en komyn
• 5 ml (1 t) paprika
• 160 ml (2⁄3 k) broodkrummels
• 30 ml (2 e) koekmeel
• 30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap
• 1 eier
• 15 ml (1 e) suurlemoensap
• sout en gemaalde swartpeper

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Maak die kekerertjies, knoffel, suurlemoenskil, koljander, komyn en paprika in ’n voedselverwerker fyn. Skep in ’n groot mengbak en voeg die broodkrummels, meel, pietersielie, eier en suurlemoensap by en geur na smaak.
2 Meng met ’n vurk tot die mengsel net bymekaarkom. Rol sowat 1 eetlepel van die mengsel op ’n slag in ’n balletjie en sit op ’n bakplaat. Verkoel vir 30 min. in die yskas.
3 Verhit olie in ’n diep braaipan oor matige hitte. Braai ’n derde van die frikkadelle vir 4 min. of tot goudkleurig en deurgaar daarin.
4 Draai af en toe om. Sit op ’n bord met kombuispapier om oortollige olie te dreineer. Herhaal met die res van die frikkadelle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Romesco-doopsous

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• 30 ml (2 e) olyfolie
• 1 sny plaasbrood, korsies verwyder en ruweg gekap
• 125 ml (½ k) amandelsplinters
• 2 knoffelhuisies, fyn gekap
• 3 rooi soetrissies
• 2 rooi brandrissies, fyn gekap
• 15 ml (1 e) pietersielie, fyn gekap
• 2,5 ml (½ t) gerookte paprika
• 4-5 ryp tamaties
• 30 ml (2 e) rooiwynasyn

1 Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte. Braai die brood en amandels daarin tot goudbruin. Voeg die knoffel by en braai vir nog 30 sek. Haal van die hitte af en laat afkoel.
2 Verwerk die broodmengsel, soetrissies, brandrissies, pietersielie en paprika in ’n voedselverwerker tot net gemeng.
3 Voeg die tamaties en rooiwynasyn by en verwerk tot net gemeng.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

4 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.