kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Beroepsbreuk: ja of nee?

Jy leef net een keer, sê die stemmetjie in jou agterkop. Maar wat van bestendigheid en werksgeleenthede? maan jou meer verantwoordelike kant. Ja, daar is ’n saak uit te maak vir albei kante, maar dis glad nie so onverantwoordelik om alles oorboord te gooi en vir ’n paar maande iets anders te gaan doen nie. Pak dit net reg aan, sê hulpbronbestuurders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die marmotwieletjie van elke dag vroeg opstaan en tot donker swoeg, stomp jou soms so af dat jou kreatiwiteit die wyk neem en jy negatief raak. As jy dit reg beplan, kan reis ’n verdieping bring wat jou beroep en persoonlike lewe tot voordeel strek en aan voornemende werknemers wys dat jy ’n avontuurlike gees het en uit die vuis kan dink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Laat dit vir jou werk

Onderhoudvoerders is op soek na geesdriftige en passievolle aansoekers. Die meeste mense wat om ’n posisie aansoek doen, gaan dieselfde kwalifikasies hê as dit ’n voorvereiste was. Die onderhoud is jou geleentheid om jou met iets unieks te onderskei.

“Dis jou geleentheid om te wys hoe jou eksterne ervarings jou op ’n persoonlike vlak laat groei het en hoe jy waarde tot die maatskappy kan toevoeg,” sê Lesley Pedlar, wat leierskapkursusse vir maatskappye aanbied. Hier is haar wenke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Moenie ’n onderbreking uit jou CV laat nie, maar dink voor die tyd hoe jy die ervarings op jou reis kan gebruik ter illustrasie van lewenslesse en insigte. Verduidelik hoe dit jou uitkyk verander het en watter ervarings jou tot nuwe insigte gebring het. Laat jou passie en entoesiasme deurskemer sodat die onderhoudvoerder hierdie eienskappe kan sien. Lewenservaring is iets wat jy nie kan koop of bestudeer nie. Dis ’n waardevolle veer in jou hoed.

Maar om te vertel dat jy ’n jaar in Korea Engels gegee het, die kos verfoei het, huis toe verlang het en jou doodverveel het, gaan jou niks in die sak bring nie. Dit beteken nie jy moet jok nie. Dink eerder vooraf aan ’n gebeurtenis waar jy iets oor jouself geleer het, of hoe die verblyf in ’n ander land jou geleer het hoe uiteenlopend mense is en dat jy nuwe waardering daarvoor het en meer geduld met mense se verskille het.

Bly weg van vertellings van oppervlakkige ervarings. Verduidelik byvoorbeeld eerder dat jy besef het hoe belangrik dit is om positief te wees in ’n krisis, want dit het jou in ’n moeilike situasie gehelp. Deel die belewenis.

Dit help ook as jy voor die reis dink wat jy daaruit wil kry en oopkop bly vir nuwe invloede en gewaarwordinge. Dink elke dag oor jou ervarings en kyk of jy iets daaruit kan leer. Hou ’n dagboek of skryf ’n blog spesifiek met die oogmerk om dit vir toekomstige werk te gebruik. (Met ander woorde, hou die jolyt en twyfelagtige dade hier uit!)

Deur jouself in ander kulture te verdiep, kry jy nie net ’n kykie in ’n ander benadering tot die lewe nie, jy kan ook die positiewe dinge uit daardie kultuur joune maak.

’n Breuk kan jou tot ’n nuwe volwassenheid bring en jou leierseienskappe laat ontwikkel. Dink vooraf aan geleenthede waar jy leiding moes neem en vertel daarvan.

In ’n see van vaal aansoekers gaan jy uitblink as jou avontuurlike gees, passie, geesdrif en deursettingsvermoë deurskemer. Dis alles waardevolle karaktereienskappe wat jou in enige beroep gaan help. Maak seker jy wys hierdie kant van jou persoonlikheid.

Lewenservaring is iets wat jy nie kan koop of bestudeer nie

Hoekom nie?

Die meeste mense erken dat die vrees dat hulle nie weer ’n goeie werk kan kry nie, hulle van ’n beroepsblaaskans weerhou. ’n Vraelys vir mense wat ’n blaaskans geneem het, het die volgende verklap: Die onderbreking gee jou die kans om jou prioriteite te heroorweeg en te dink of jy werklik gelukkig is in jou huidige werk. Vir sommige is dit die katalisator om ’n heel ander rigting in te slaan. Vir ander is ’n kopskuif binne hul bestaande raamwerk nodig om weer die essensie en lewensblyheid in hul werkslewe te kry. Die meeste het ervaar dat hul reis meer voordele as nadele vir ’n toekomstige beroep ingehou het.

Vaal kol op jou CV?

Samantha Carter werk by ’n werkverskaffingsburo en sê ’n onderbreking in jou loopbaan hoef nie ’n vaal kol op jou CV te wees nie. “As jy dit reg bemark, kan dit juis iets wees wat waarde toevoeg. Die geheim is om jou storie op die regte manier aan te bied. Dink uit die oogpunt van jou toekomstige werkgewer. Watter ervarings sal as ’n pluspunt gesien word? Hoe het dit jou verryk en hoe kan dit tot jou posisie bydra?”

Op reis vir nege maande

Foto: Pexels

Toe Jennifer Barkhuizen (33) se pa ná ’n kort siekbed aan kanker sterf, het sy besef dat die lewe kort is.

“Vir hom was sy kinders sy grootste vreugde, maar sy diep berou was dat hy nooit gereis het nie. Ek en my kêrel het gespaar vir ’n deposito op ’n huis, maar het net daar besluit dat ons altyd weer kan spaar en dat ons eerder die geld vir reis wil gebruik.”

In Januarie 2015 het hulle New York toe gevlieg en ná ’n kort vakansie daar het hulle nege maande lank tot in Brasilië gereis.

Jennifer het ’n graad in sportwetenskap en was ’n spesialis fiksheidsafrigter wat soggens vyfuur begin het en meestal eers donkeraand klaargemaak het.

“My lewe was ’n dolle gejaag en ek het nooit gestop om te dink of ek geniet wat ek doen nie. Toe ek afstand van my normale roetine kry, kon ek tot nuwe insigte oor my werk en myself kom. Ek het besef dat ek van die uitdagings van my beroep hou, soos om mense met rehabilitasie te help. Maar die teësinnige kliënt wat bloot wou probeer om gewig te verloor het vir my geen uitdagings gebied nie. Ek het besef dat my kliënte ’n groot uitwerking op my lewe en uitkyk het, en my energie kan gee of dit tap. Nou kies ek my kliënte met groter sorg en werk weer met nuwe ywer.

“Ek het ook geleer om die spontaneïteit en opwinding van reis oor te dra na die strak struktuur van my beroep en so ’n goeie balans te kry. Solank ek oplossings vir my kliënte se probleme soek, is my werk opwindend. Die moeilikste is om nie weer in my ou patroon van voorspelbare eentonigheid te verval nie. Ek het geleer om geduldig te wees en werklik na mense te luister sodat ek kan agterkom wie en wat hulle is. En om te besef dat elkeen uniek is en dat jy hulle so moet aanvaar. Ek is nederiger ná ek besef het dat ek gewoon is, maar besonderse dinge in die regte omstandighede kan doen. En die bonus is dat ek ná taallesse en uit nood geleer het om heel goed Spaans te praat!”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.