SPAR Carols by Candlelight met Jacaranda FM
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }SPAR Carols by Candlelight met Jacaranda FM is die hoogtepunt van Gauteng se feestydkalender. Vanjaar word twee feeskonserte gehou: Op 8 Desember by die St. Stithians College in Johannesburg en op 11 Desember op Loftus Versveld in Pretoria.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }In Johannesburg gaan kunstenaars soos Connell Cruise, Craig Lucas, Paxton, Swing City, Claire Johnston, Rubber Duc, Roan Ash en die Ndlovu Youth Choir optree.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }In Pretoria sal jy Jo Black, Karen Zoid, Kurt Darren, Charlize Berg, Nadine en Nianell, Swing City en die Ndlovu Youth Choir in aksie sien.
Jacaranda FM sal albei geleenthede regstreeks uitsaai.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }SPAR sal vermaak vir die kinders verskaf met springkastele, gesigverf, speletjies, kunsvaardigheid, rolprente en vele meer.
Toegang is gratis, maar konsertgangers word gevra om ’n speelding te bring, wat aan verskeie liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word.
Kerse sal verkoop word teen R30, en liedjieboeke teen R10, en ‘n bondeltransaksie vir ‘n liedboek en ‘n kers is R35. Alle winste gaan na Jacaranda FM se Good Morning Angels.
Hekke open by albei geleenthede om 16:00 en die program skop amptelik af om 19:00 en duur tot 21:00.
Lees ook: Kersmarkte wat jy hierdie jaar moet bywoon
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.