kategorieë: FiksheidGesondheid

Spatare – Hier’s die antwoorde op jou vrae

Vyf vrae aan dr. Frikkie Rademan, chirurg wat in die behandeling van ernstige, diep spatare met radiofrekwensieablasie (RFA) spesialiseer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1 Wat is die are-rige bloukol op my enkel?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So ’n netwerk van klein aartjies wat saam die indruk van ’n blou kol wek word telangiektase genoem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Hoekom het ek dit?

Dit is baie algemeen onder mense bo vyftig. Ons vermoed dat dit ontstaan weens hoër druk in die are oor ’n lang tydperk. Soos mens ouer raak verswak die aarwande en raak die are sigbaarder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3 Het ek dan hoë bloeddruk of spatare? Hoe werk dit?

Om dit maklik te verduidelik:
• Slagare vervoer bloed van jou hart na jou liggaam, terwyl are bloed terug na die hart dra.
• Are moet bloed teen swaartekrag in op boontoe gestoot kry, wat gedoen word met ’n reeks kleppe. *Jou beenspiere beheer die kleppe deur subtiel saam te trek, wat die kleppe oopdruk sodat bloed kan deurvloei. Sodra die spiere ontspan sluit die kleppe en kan die bloed nie terugvloei nie.
• As die kleppe agteruit gaan sluit hulle nie meer goed nie en die bloed begin opdam – wat jy as ’n spataar sien, of in hierdie geval sien as ’n web van klein aartjies op jou enkels.
• Jy het nie noodwendig hoë bloeddruk nie maar net ’n onvermoë van die are om die bloed na jou hart terug te neem omdat jou aarkleppe beskadig is en jou aarwande nie meer so elasties is nie.

4 Moet ek iets daaraan doen?

Dit hang af van hoe dit vir jou voel:
• Los dit as dit jou nie pla nie.
• As dit jou nie pla nie maar vir jou kosmeties lelik is kan jy vir laser en/skleroterapie gaan.
• As jou enkel egter swaar voel, pyn, klop, jeuk, swel (en veral meer swel soos die dag aanloop) of jy snags krampe kry móét dit behandel word. As jy dit onbehandel los sal die vel beskadig en lateraan afsterf, wat vir seker lei tot veneuse ulserasie (oop sere aan veral die enkels en kuite wat baie moeilik genees). Bloedklonte kan vorm, wat in die dieper are kan inbeweeg en kan lei tot trombose.

5 Is dit ’n noodgeval?

Nee, maar hoe langer jy dit los hoe meer skade word aangerig aan die vel rondom jou enkel, wat behandeling lateraan baie moeiliker maak. Jou kanse op ulsers verhoog ook. Dus is vroeër beter as later.

Lees ook: Beendigtheid: Hoe om na jou bene om te sien

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.