Spesery-aartappels deur Vickie de Beer, bygestaan deur Inemarie Rabie. Foto: Charles Russell
Klik hier vir die resep vir die Indiese varkkerrie
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- • 500 g baba-aartappeltjies, gewas
- • 10 ml (2 t) sout
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • 30 ml (2 e) botter
- • 3 knoffelhuisies, geskil en fyngekap
- • 5 ml (1 t) brandrissievlokkies
- • 10 ml (2 t) komynsaad
- • 10 ml (2 t) koljandersaad
- • 10 ml (2 t) borrie
- • Growwe seesoutvlokkies soos Maldon
Instructions
- Kook die aartappeltjies vir 20 min. in gesoute kookwater tot sag maar nie pap nie.
- Voorverhit die oond tot 200 ˚C. Dreineer die aartappels en gooi in ’n groot oondpan. Druk die aartappels met die agterkant van ’n vurk plat sodat hulle goed gekneus lyk.
- Meng die res van die bestanddele deeglik deur die aartappels en geur met die seesoutvlokkies. Rooster vir 30-35 min. of tot bros en goudkleurig.
Zoe Salzwedel
Lees Meer
Spek-en-kaas-braairolletjies
19/09/2024
Slaai om te braai – lekker braai-bykos!
19/09/2024
Vis: Kook een keer, eet drie keer
16/09/2024