Genoeg vir 4.
Bestanddele
- 8 hoenderdytjies
- 125 ml (½ k) gewone jogurt
- 5 ml (1 t) elk fyn komyn en fyn koljander
- 15 ml (1 e) vinkelsaadjies, liggies gerooster
- 10 ml (2 t) Masala-kerriepoeier
- 30 ml (2 e) gekapte knoffel
- 5 cm-stuk vars gemmer, geskil
- erasperde skil van 2 suurlemoene of lemmetjies
- 60 ml (½ k) fyn gemaalde amandels (opsioneel)
- ’n hand vol vars koljanderblare + ekstra vir opdiening
- 30 ml (2 e) olyfolie
- sout na smaak
- 500 g baba-aartappels
- 2 groot hande vol baba-spinasie
Metode
- Meng al die marinade-bestanddele saam en laat lê die hoender daarin. Draai die stukke met jou hande om sodat alles met die marinade bedek is.
- Sny in tussen die baba-aartappels middeldeur en verhit die oond tot 200°C. Pak die hoenderstukke op ’n groot bakplaat, sprinkel olyfolie oor en geur met sout. Bak vir 30 min.
- Haal uit en pak die aartappels tussen die stukke. Bak vir nog 30 min. tot goudkleurig en gaar.
- Haal uit en meng die baba-spinasie deur die warm aartappels en hoender. Sit dadelik voor.
