Ek kan my kwalik ‘n lewe sonder spieëls voorstel. En skielik wonder ek of dit ‘n goeie ding is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Eeue lank het mense vrolik deur die lewe gegaan sonder om vir seker te weet hoe hulle lyk, maar hierdie sorgvryheid is ons nie beskore nie. Ons word tientalle kere per dág met die (soms nare) werklikheid gekonfronteer – van die verkreukelde slaapgesiggie in die oggend tot die hangogies wanneer ons na ‘n marathonsessie voor die rekenaar wil gaan slaap. Elke wasbak moet opsluit ‘n spieël hê – jy kan nie eens in vrede tande borsel nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die eintlike knoop, dink ek, lê nie by die daaglikse ontmoetings met ons spieël-ewebeelde nie, maar by die verwagting dat daardie weerkaatsing aanvaarbaar moet lyk. En ons verwagtinge is hóóg. Die blote konsep van ‘n “bad hair day” illustreer ons beheptheid met voorkoms; dis statisties onrealisties om te verwag dat jy elke dag fantasties moet lyk. Maar nee, die massamedia en die advertensiebedryf sweer saam om ons te laat glo dat die meerderheid mense op hierdie planeet modelmooi is, en as ons tekort skiet, is dit omdat ons nie hard genoeg probeer, die regte produkte gebruik, of ons ore aan die ware kenners uitleen nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek kom sommer terug aarde toe as ‘n primaat. Ernstig – sjimpansees, oerangoetangs en gorillas tel onder die enkele dierspesies wat die “spieëltoets” kan deurstaan. Saam met bottelneusdolfyne, moordvisse en olifante het hulle die vermoë om hulself in ‘n spieël herken. Ek het egter nog nooit gesien dat ‘n jong mamma-oerangoetang handewringend voor ‘n spieël staan en wonder hoe sy haar post-natale figuurfoute kan verbloem nie.
Min mense dink daaraan dat ‘n onderonsie met ‘n spieël noodlottig kan wees. Kyk maar na die verhaal van Narcissus – die beeldskone Griek wat op sy weerkaatsing in ‘n poel verlief geraak, en ingeval en verdrink het toe hy aan sy ewebeeld wou vat.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Nee wat, ek dink ons moet spieëls baie minder ernstig opneem. Kom ons maak soos dr. Christiane Northrup, die lewenslustige Amerikaanse ginekoloog wat haarself geleer het om haar spieëlbeeld ‘n klapsoen te gee wanneer sy by die voordeur uitwaai met die woorde: “See you later, Gorgeous!”
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.